Hoekom bou ons?

foto1-Custom.jpg[promosie-artikel]

Die Solidariteit Beweging is bekend vir die selfdoen-instellings wat deurgaans op die been gebring word. Dié instellings fokus elkeen daarop om ’n spesifieke leemte in die gemeenskap te vul, hetsy dit welsynswerk, burgerregte of arbeidsake is. Elk van hierdie instellings is unieke voorbeelde van ongelooflike potensiaal wat ontsluit word en behoeftes waaraan voldoen word.

Die Solidariteit Beweging glo dat kwaliteit opleiding een van die belangrikste fondamente in ’n persoon se lewe is. Deur kwaliteit opleiding kan ’n gemeenskap en  samelewing hulself onmisbaar in die werksplek maak, terwyl hul ’n bydrae van onskatbare waarde kan lewer. Dit is om hierdie rede dat die Solidariteit Beweging opleiding as die bousteen van ’n suksesvolle samelewing en ’n voorspoedige toekoms beskou.

In onsekere tye word kwaliteit opleiding nog meer belangrik. In Suid-Afrika sien ons op ’n daaglikse basis hoe die gebrek aan byvoorbeeld opgeleide ambagslui ons telkens kelder. Die gebrek aan kwaliteit tegniese opleidingskolleges verseker verder dat daar nie nog jong ambagslui opgelei kan word om aan die behoeftes van die land te vervul nie. Die Solidariteit Beweging sien ook al lank die probleem en spreek dit op sy unieke, selfdoen-manier aan.

Met die vestiging van opleidingsinstellings, soos Akademia en Sol-Tech, het die Solidariteit Beweging reeds die eerste stappe geneem om kwaliteit opleiding van wêreldgehalte beskikbaar te stel. Hierdie instellings se sukses spreek boekdele oor die behoefte aan opleiding. Opleiding is immers onomkeerbaar, maar dit verg egter volgehoue toewyding en deursettingsvermoë om hierdie instellings op die regte spoor te hou.

Jou bydrae tot die Boufonds help ons om ons droom van opleiding en ontwikkeling van vaardighede vir talle mense in Suid-Afrika te verwesenlik. Ons bou aan ’n beter opleiding. Ons bou aan ’n beter samelewing. Ons bou aan ’n beter toekoms en ons bedank jou dat jy ons daarmee help.

Jý kan die Solidariteit Beweging help om aan ʼn beter toekoms te bou. SMS die woord ONSBOU na 34802 (SMS’e kos R2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.