Hond se geblaf red peuter

Peanut (Foto: Facebook)

Peanut (Foto: Facebook)

Peanut, ʼn hond van Michigan in die VSA, se onophoudelike geblaf het haar eienaars gelei na ʼn peuter wat kaal in ʼn sloot gelê het.

“Peanut het op- en afgehardloop by die trappe, geblaf en getjank,” het die hond se eienaar in ʼn brief geskryf aan die dierewelsynsorganisasie waar hulle haar twee jaar vantevore aangeneem het. Peanut se eienaar het die deur vir haar oopgemaak en agter haar aangeloop tot by ʼn sloot in ʼn veld agter die huis. “My man het ʼn bewende driejarige dogtertjie kaal en opgekrul in die sloot gevind.”

Hulle het die meisie toegedraai en die ambulans gebel. Die meisie het geen beserings gehad nie, maar is na die hospitaal geneem vir toetse. Die enigste woorde wat die driejarige laat hoor het, was “hondjie”.

“Verdere ondersoek het onveilige en ongesonde toestande uitgewys by die dogtertjie se ouerhuis. Die kinderbeskermingdienste is ontbied en het die meisie saam met ʼn ander jong meisie uit die huis verwyder,” het die polisie gesê.

Peanut kom ook uit omstandighede waar sy mishandel is. Sy het gebreekte bene en ribbe gehad en is deur ʼn liefdevolle gesin aangeneem.

“Ek dink sy het ʼn sesde sintuig wat sy uit haar verlede met haar saamdra,” het Peanut se eienaar gesê.

Bron: CBS News 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ada ·

Dankie tog vir Peanut!!!
Dankie tog die kinders is verwyder!!!
Dankie Peanut!!

m ·

Dis so lekker om n positiewe storie te lees. Wat n pragtige hond.

Charmaine ·

‘n Pragtige brakkie so na aan my hart! Dis hoekom ek diere so onvoorwaardelik liefhet want hulle is net ongelooflike wesens! Dankie vir Peanut wat die dogtertjie se lewe heel waarskynlik so gered het!!!!

Leonie ·

Dankie Peanut!! Wat ‘n mooi storie met ‘n gelukkige einde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.