Hopeful Hearts bring nuwe hoop

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Hopeful Hearts is ʼn aanlynwinkel wat ʼn verskeidenheid produkte aanbied. Wat dié produkte so spesiaal maak, is die feit dat dit gemaak word deur gesinne met gestremde kinders.

Volgens Rob Pothier, wie se seun serebraal gestrem is, ervaar gesinne met gestremde kinders dikwels ekstra finansiële druk en ouers sukkel om al die kostes te dek. Hy meen ook dat daar nie eintlik toelaes is vir mense met ʼn middelklasinkomste nie. “Soms moet een van die ouers hul werk los om voltyds na die kind te kyk en jou inkomste word dus dadelik gehalveer.”

Rob sê hy en sy vrou wou aan ʼn kreatiewe manier dink om ekstra inkomste te genereer, maar wou ook gesinne wat in dieselfde bootjie as hulle is, help. “Hopeful Hearts werk soos ʼn besigheid wat ʼn wins maak, maar ons gebruik dié wins om ander gesinne te help.”

“As jy met ouers gesels, sal jy hoor hulle is reeds besig om produkte te maak vir ʼn ekstra geldjie. Ons het ʼn aanlynwinkel geskep waar dié mense hul produkte gratis kan adverteer.” Rob meen hulle wil nie net produkte verkoop nie, maar ʼn gemeenskap skep waar gesinne mekaar kan ondersteun en raad vra.

Die inisiatief is nog in sy kinderskoene, maar Rob het groot drome vir dié projek.

Besoek gerus Hopeful Hearts se webtuiste en Facebookblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.