Hulp vir boere in Wes-Kaap

Afriforum laai voer in Prince Albert af (Foto: Verskaf)

AfriForum en Caring Daisies het 50 ton bale voer en mielies by boere in die droogtegeteisterde Wes-Kaap afgelewer.

Skenkings wat AfriForum-lede en lede van die publiek tot AfriForum se noodfonds gemaak het, het dit moontlik gemaak vir dié burgerregte-organisasie om brandstof- en vervoerkoste gedeeltelik te befonds, terwyl Caring Daisies die hele projek gekoördineer het.

“Omdat dele van die land tans onder stormweer en swaar reënval gebuk gaan, kan ’n mens amper vergeet dat daar steeds groot dele van die land is wat sedert die begin van 2016 nog geen reën gehad het nie. Weens die voortslepende droogte moes boere voer vir hul diere aankoop en sukkel hulle nou om die pot aan die kook te hou,” sê Guido Urlings, nasionaleveldtogbeampte by AfriForum.

Afriforum laai voer in Prince Albert af (Foto: Verskaf)

Urlings voeg by dat dié verligting slegs tydelik is omdat dié gebiede steeds onder die voortslepende droogte gebuk gaan, veral omdat die winterreënseisoen agter die rug is en min tot geen verligting gebring het nie.

AfriForum moedig die publiek aan om die noodfonds te ondersteun om ’n volgehoue verskil te help maak.

Lede van die publiek wat wil help om dié krisis asook toekomstige krisisse op permanente grondslag die hoof te bied, kan AfriForum se noodfonds ondersteun deur hul name na 45344 te SMS (R1) of R10 te skenk deur “Nood” na 38312 te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Wel gedaan, maar baie word nog benodig! Mense asb doen julle skenkings! Die lamsakige staat gaan nie help… Bestee eerder miljoene om plase uit te koo, en dit dan te laat vergaan…

Boerseun ·

Die probleem is dit gaan nie beter word nie. sterkte aan almal daar, het self familie wat weer-misoeste gehad het. Die wereld sal na lanbouers moet begin kyk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.