Hyperli glo die nuwe Groupon

Hyperli (Foto: ANA)

Hyperli (Foto: ANA)

Goeie nuus vir winskopiejagters: ʼn “Nuwe” aanlyn handelsgroep, wat glo sal funksioneer op dieselfde wyse as Groupon wat in November vanjaar onverwags sy deure gesluit het, is Woensdag amptelik bekendgestel.

Hyperli het Woensdag tydens sy bekendstelling gesê die doel van die maatskappy is om die leemte te vul wat Groupon gelaat het ná hy sy deure gesluit het.

Die maatskappy is op die been gebring deur dieselfde groep wat Groupon in Suid-Afrika gestig het en word gefinansier deur Team Africa Ventures.

Maroela Media het vroeër berig Groupon het glo gesluit omdat hy in Oktober vir die finansiële jaar wat in September 2016 geëindig het, ʼn netto verlies van R483 miljoen aangeteken het.

Die maatskappy het sy deure in talle lande toegetrek om glo meer vaartbelyn te wees deur op minder lande te fokus.

Hyperli het egter nou minder as ʼn maand na dié aankondiging sy deure aan die publiek oopgeswaai en beloof om die “aanlyn aankopemark te oorrompel”.

Die maatskappy het in ʼn verklaring gesê hy glo Suid-Afrikaners gaan na dié verkopewebwerf stroom omdat daar talle winskopies is, pryse maklik vergelykbaar is en kopers na ʼn meer digitale era beweeg.

“Tye wat ons tans beleef, is taai vir baie Suid-Afrikaners, en wanneer jy vir kopers items met goeie pryse en onmiddellike handel bied, maak dit beslis sakesin,” het Wayne Gosling, Hyperli se uitvoerende hoof, gesê.

Hyperli het reeds bande gesmee met gewilde handelsmerke soos Ster Kinekor, Unilever en Jimmy’s Killer Prawns.

Die maatskappy beplan om bykans elke denkbare produk en diens beskikbaar te stel op die webwerf en om uit te brei na alle groot stede in die land.

Vir meer inligting, besoek Hyperli se webwerf of Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MARTIE ·

Die probleem is mens kan net per kredietkaart betaal of op ‘n “nuwe manier” wat jy jou banking detail moet gee… Dit werk nie lekker soos groupon nie, daar kon ‘n mens eft

MARTIE ·

Met banking detail, bedoel ek jou regte log on details om na jou internetbanking te gaan… kan mos nie daardie kans vat nie?

Esther Coetzee ·

Dis dieselfde mense wat Groupon bestuur/besit het. Google Wayne Gosling die uitvoerende hoof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.