Indië plant 50 miljoen bome in 24 uur

Vroue van Indië plant bome aan die buitewyke van Allahabad, Indië (AP Photo/Rajesh Kumar Singh)

Vroue van Indië plant bome aan die buitewyke van Allahabad, Indië (AP Photo/Rajesh Kumar Singh)

Meer as 800 000 mense van Uttar Pradesh in Indië het byna 50 miljoene bome in dié staat geplant – alles in die bestek van ʼn skamele 24 uur.

Volgens die webwerf IFL Science is bome van meer as 80 spesies, wat verkry is van 950 verskillende kwekerye dwarsoor die land, aangeplant.

Die projek vorm deel van die land se volgehoue pogings om Indië meer omgewingsvriendelik en “groener” te maak.

Pakistan het voorheen die Guinnes-wêreldrekord gehou vir die meeste bome wat in ʼn kort tydperk aangeplant is met 847 275 bome in 24 uur.

Indië het vroeër vanjaar op die klimaatsveranderingkonferensie in Parys, Frankryk, onderneem om woudbedekking in die land tot 95 miljoen hektaar te verhoog teen 2030.

Akhilesh Yadav, hoofminister van Uttar Pradesh, het tydens dié konferensie gesê klimaatsverandering kan nie langer ontken word nie. “Die wêreld het besef dat ernstige pogings nodig is om koolstofvrystellings te verminder om die gevolge van klimaatsverandering te verklein,” het hy gesê.

Navorsing het vroeër getoon dat ses stede in Indië – Gwalior, Allahabad, Patna, Raipur, Ludhiana en Delhi – onder die tien mees besoedelde stede ter wêreld tel.

Bron: IFL Science

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ekwilibrium ·

Mooi; óns foeter Moeder Natuur op, óns moet haar genees. Sal so ‘n inisiatief na grootskaalse onkruid bestryding ooit hier gebeur? Hehehehe…

Jef ·

Ekwillibrium die soort onkruid bestryding is nog nie uitgevind nie he he he.
Die mense in Indie is trots op hulle land en doen alles aan klimaatverandering, dis goeie nuus.

Wern ·

Lyk my hulle het darm goeie leierskap wat aan more ook dink.

John ·

Daar is van die voorste klimatoloe wat met goeie bewyse aanvoer dat die son tans besig is om warmer te word ( toegee dat die mens wel groot skade aan die ekologie aangerig het), vandaar die smelt van die noordpool en ander verskynsels, maar dat die huidige paradigma/status quo groot geld vir navorsing inbring en state in magsposisies die geleentheid/probleem gebruik om hul beleid op ander lande af te dwing. Volgens hierdie aweregse navorsers was daar al die verre verlede sulke tydperke, ook ystydperke. Die mens wil hulself as magtig sien en weier om die bestaan van groter magte as hulself te erken. Hoe’s daai…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.