Ingenieurswese roep sokkerster Nyiko

NyikoNyiko Nkwinika van Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen het onderskeidings behaal in Xitsonga, Engels, lewensoriëntering, wiskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe asook ingenieursgrafika en ontwerp.

Hy gaan vanjaar meganiese ingenieurswese studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Nyiko is ʼn ywerige sokkerspeler. Op skool het hy vir die provinsiale sokkerspan gespeel en was die kaptein van die o.19-span. Hy beplan om as student vir die Bidvest Wits-sokkerklub te speel. Boonop het hy provinsiale kleure verwerf vir landloop.

Sy afrigter, Peace Khosa, is sy mentor en grootste rolmodel. Nyiko sê dat Khosa se morele waardes vir hom inspirerend is en dat hy kosbare lesse by hom kon leer, selfs wanneer hy nie op die veld is nie.

Benewens sy sportprestasies was Nyiko ook een van sy skool se tien akademiese top-presteerders.

Nyiko beskou homself as ʼn hardwerkende leerling, wat effektief kan kommunikeer en prioritiseer. “Ek is noukeurig en altyd bereid om ekstra moeite te doen.”

Sy lewensfilosofie vat hy saam as:

“Talent is nie genoeg om sukses te behaal nie, maar harde werk, dissipline en volharding sal ʼn mens ver laat vorder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.