Internasionale koorkompetisie dié jaar in SA

Wêreldkoorspele (Foto: www.interkultur.com)

Die tiende Wêreldkoorspele vind vanjaar in Pretoria plaas.

Dié byeenkoms word gesien as die Olimpiese Spele van koorsang en dit is die eerste keer dat dié internasionale kompetisie in ʼn Afrika-land plaasvind.

Die Wêreldkoorspele vind van 4 tot 14 Julie plaas en sal 33 500 sangers in 500 kore uit 70 verskillende lande byeenbring. Vanjaar word daar klem gelê op Afrika-lande om in te skryf, en sover het 17 lande, onder meer Zimbabwe, Kameroen, Gaboen, Angola, Namibië en Nigerië al ingeskryf.

Volgens ʼn verklaring van die Wêreldkoorspele is die doel om ten minste een koor uit elke Afrika-land te kry om deel te neem aan dié koorspele.

Wêreldkoorspele (Foto: www.interkultur.com)

“Suid-Afrika is trots om as gasheer van dié gesogte internasionale geleentheid op te tree, en nooi lande, sakeondernemings en organisasies om deel daarvan te wees,” lui ʼn verklaring van die Wêreldkoorspele.

“Dit is ʼn uitsonderlike manier om te skakel met duisende deelnemers en regeringbeamptes van reg oor die wêreld, en ook om ons land, sakesektor en produkte te bemark.

“Daar het tot dusver al 139 kore suksesvol gekwalifiseer en geregistreer, waarvan 70 Suid-Afrikaanse kore is,” lui die verklaring.

Wêreldkoorspele (Foto: www.interkultur.com)

Die Wêreldkoorspele begin met ʼn groot openingsgeleentheid waarna ʼn parade gehou sal word van Burgerspark tot by die Uniegebou. In die optog sal die verkillende lande wat deelneem gestalte kry.

Die kompetisie vind plaas in 27 kategorieë en in twee dele. Toekennings, diplomas en medaljes sal ook by ʼn prysuitdeling uitgegee word.

Verder sal die Wêreldkoorspele verkeie musiekgeleenthede soos ʼn Africa Unite-konsert, ʼn Friendship-konsert en ʼn International Acts & Local Jazz-geleentheid aanbied.

Vir meer inligting en inskryfvorms besoek die webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Siegfried ·

Dit is egter belaglik duur.
R8,000.00 Registrasiefooi plus ‘n verdere R750.00 per koorlid, dit werk uit op R64,500.00.
Nee wat.

Gwen ·

Dit mag duur wees, Siegfried, maar ten minste hoef kore nie oorsee te gaan vir deelname nie. Die koste is baie goed as jy in ag neem dat jy ’n hele koor (dikwels tussen 16 en 50 mense) by die koorspele moet kry.

Gideon Wentink ·

Kyk gerus uit vir Molen Kórus van Potchefstroom in verskeie kamerkoorkategorieë.

Tania Heyns ·

Dagsê CK

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.