Isa Carstens stel alumni-netwerk bekend

Isabelle Carstens-Roos saam met die sprekers van die geleentheid. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Die Isa Carstens-skoonheidsakademie het op Donderdag 28 Julie ’n spoggeleentheid op sy kampus in Pretoria gehou waartydens alumni heerlik saam kon kuier.

Isa Beyonders Pretoria is ’n alumni-netwerk vir dié vooraanstaande instelling se oudstudente van die Pretoria-kampus.

Die alumni het heerlik gesmul aan versnaperinge en het in spoggerige aanddrag die geleentheid bygewoon. Daar was verskeie sprekers deur die loop van die aand en almal wat die bekendstelling bygewoon het, het aan hulle lippe gehang.

“Dit is fantasties om almal hier te verwelkom. Dit is ongelooflik om dié bedryf te bou, om te sien hoe almal in die bedryf vorder,” het Isabelle Carstens-Roos, uitvoerende hoof van die Isa Carstens Akademie, tydens die geleentheid aan die oudstudente gesê.

“Vanaand is vir julle! Dit is vir ons opwindend om Isa Beyonders Pretoria van stapel te stuur.”

Sy verduidelik dat een van die groot doelstellings van Isa Beyonders die kweek van professionele verhoudings tussen lede van die akademie se alumni is.

Die oudstudente van die Stellenbosch-kampus is reeds in April vanjaar genooi vir ’n soortgelyke spoggeleentheid.

Die res van die sprekers het boodskappe van hoop en wysheid gedeel, met elkeen wat uiteenlopende lewenspaaie gevolg het nadat hul tyd by die Isa Carstens Akademie tot ’n einde gekom het.

Alumni het ook die geleentheid gekry om met finansiële adviseurs te gesels oor hul toekomsdrome en die praktiese reëlings rondom hul entrepreneursplanne.

Elkeen wat die geleentheid bygewoon het, het ’n geskenkpakkie ontvang wat deur die skoonheidsreeks Esse saamgestel is.

Kyk na foto’s van die spoggeleentheid hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

De Villiers ·

My vrou het Somatologie studeer by die destydse Bloemfonteinse Tegnikon.

Ek onthou hoe sy my vertel het hoe goed die Isa Carstens-skoonheidsakademie was en hoe graag sy eintlik daar wou studeer.
Hulle het tog steeds dieselfde internationale eksamens ens. gaan skryf en was dus op dieselfde standaard.

Ons het nou die dag weer verby die Tegnikon(CUT) gery en my mond het oop gehang. Die verval was baie duidelik.

Sy vertel my deesdae skryf hulle nie meer die internasionale eksamens by CUT nie, omdat die studente nie meer die mas kan opkom nie.

Die ANC regering het alles vernietig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.