Jagters kan help om behoeftige kleuters te voed

Solidariteit Helpende Hand het ’n projek, #HelpJag, van stapel gestuur wat ten doel het om behoeftige kleuters te help om elke dag ʼn gesonde bord kos te eet.

Helpende Hand se Kosblikkie-projek voorsien elke dag ongeveer 5 200 borde kos aan kleuters. By meer as 8% van kleuterskole is dit die enigste voedsel wat die kleuters op ʼn dag ontvang.

“Om al die kleuters van die nodig proteïene te voorsien, benodig ons ongeveer 104 000 kg van dié proteïenbron,” sê Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand.

“As gevolg van die tekort aan ʼn goeie, goedkoop bron van proteïene het Helpende Hand die #HelpJag-veldtog geloods. Die projek moedig jagters aan om wildsvleis vir Helpende Hand te skenk. Helpende Hand sal betaal vir die verwerking van die bokke wat jagters jag. Die vleis sal dan in maalvleis omskep word en aan die naaste Kosblikkie-skool geskenk word,” het Riekert gesê.

“Ons is baie opgewonde oor die projek. Ons het baie moeite in die projek ingesit om te verseker die kleuters kry voedsame, proteïenryke kos. Ons weet dat jagters mense is wat omgee en glo dat die projek baie ondersteuning van hulle sal ontvang. Ons is reeds deur Huntex2018 [ʼn gewilde jagskou wat jaarliks aangebied word] aangeneem as hul amptelike welsynsorganisasie en ons groot borg vir die projek is die Wild & Jag-tydskrif.”

Die publiek kan betrokke raak deur ʼn bok te skenk of ʼn finansiële skenking te maak deur die webwerf www.helpjag.co.za te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JC ·

Sjoe, God seen julle siele en die wonderlike werk wat julle doen!
Ek sal altyd lid bly van Helpende Hand.
#Afrikaners kan !!

JC ·

Sjoe, God seen julle siele en die wonderlike werk wat julle doen!
Ek sal altyd lid bly van Helpende Hand.
#Afrikaners kan !!!

M'Lady ·

Jagters is definitief te selfsugtig daarvoor. Hulle adverteer bv kameelperde om te jag, Die jagter hou die vel, kop en pote en die vleis word aan die naaste slaghuis verkoop. Dubbele inkomste uit een dier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.