Jennifer Aniston (weer) die wêreld se mooiste

Jennifer Aniston op die voorblad van "People"-tydskrif. Foto: www.people.com

Jennifer Aniston op die voorblad van “People”-tydskrif. Foto: www.people.com

Die aktrise Jennifer Aniston is Donderdag vir ʼn tweede keer aangewys as People-tydskrif se mooiste vrou in die wêreld. Dit volg nadat sy in 2004 ook dié eer ontvang het.

Aniston (47) het bekendheid verwerf vir haar rol as “Rachel” in die sitkom Friends en sedertdien verskeie toekennings verower, waaronder ʼn Golden Globe en ʼn Emmy-toekenning vir haar werk as aktrise.

Sy is in Augustus verlede jaar met die akteur Justin Theroux getroud.

Die aktrise het aan People vertel hoewel dié eer haar die tweede keer te beurt val, bly sy nederig en dankbaar. “Ek is baie gevlei,” het sy verduidelik. “Ek kon dit nie glo nie. ʼn Tiener-opgewondenheid het deur my liggaam geskiet.”

Aniston sê dit bly vir haar belangrik om eerder gesond as sexy te wees. “Ek het geleer om my voorkoms te aanvaar en vir myself lief te wees deur die jare,” sê sy. “Daar was wel ʼn verandering in my houding en dié van ander mense oor die dinge wat ’n mens eet, hoeveel slaap jy kry en hoe jy na jouself omsien. Jy kan wegkom met baie in jou twintigerjare, maar beslis nie wanneer jy 40 tref nie.”

Sy sê sy is egter vroeër tot stilstand geruk in haar loopbaan toe ʼn reklameagent vir haar gesê het sy het te veel kurwes. “Dit was belaglik, maar dit het my steeds genoop om beter na myself om te sien. Vandag oefen ek ses keer ʼn week vir ʼn uur lank. Ek gee my egter van tyd tot tyd oor aan Justin se heerlike pastageregte.”

Besoek People se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liza ·

Wragtig pragtig…. en al 47! Voorwaar ‘n voorbeeld vir ander.

Aapstreek ·

‘n Tiener-opgewondenheid het nou deur my liggaam ook geskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.