Jennifer wil ʼn brawe dokter wees

JenniferJennifer Dalgleish van Hoërskool Zwartkop in Pretoria het onderskeidings in Engels, lewensoriëntering, wiskunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie en toerisme behaal.

“My droom is om eendag ʼn suksesvolle, brawe dokter te wees wat baie lewens red. Ek wil ʼn positiewe verskil maak in mense se lewens.”

Jennifer het erekleure vir toneel en drama verwerf in gr. 10 en 11 en was ook vir vier jaar op die redaksie van die skoolkoerant, Zwart op Wit. Sy was sedert gr. 8 op een van die skool se 20 akademiese top-presteerders en het ook ʼn noodhulpkursus voltooi en vlak 2 verwerf.

Jennifer geniet dit om in haar vrye tyd televisiedramas te kyk en is ook ʼn ywerige versamelaar. Sy sê sy het nie ʼn spesifieke rolmodel nie, maar dat enigiemand wat daarna streef om ʼn positiewe verskil in iemand se lewe te maak, vir haar inspirerend is.

“My lewensfilosofie is om hard te werk vir wat ek wil hê, maar om ook ʼn bietjie te ontspan want ʼn goeie balans is die resep vir ʼn gelukkige lewe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.