JeugPro: ʼn Antwoord vir jongmense in die werkplek

Die vernietigende effek wat die nasionale inperking op die werksmag in Suid-Afrika het, en nog gaan hê, word deur min mense so erg ervaar as hulle wat binnekort die werkplek moet betree, of hierdie jaar vir die eerste keer begin werk het.

Covid-19 is egter net nog ʼn uitdaging vir Suid-Afrika se jeug, met jeugwerkloosheid in Suid-Afrika wat die hoogste ter wêreld is. Vir die Afrikaner-jeug is daar dan ook nog die uitdagings van swart ekonomiese bemagtiging en onwelkome universiteitskampusse.

Dit help egter nie om in sak en as te gaan sit nie – dit is tyd vir moue oprol, dit is tyd vir planne maak! Juis daarom het Solidariteit ʼn plan beraam om jongmense aan die begin van hul loopbane te beskerm. Hierdie plan is JeugPro, Solidariteit se nuwe intreelidmaatskap.

JeugPro kos slegs R50.00 per maand, dit is dus sakpas en nommerpas vir die jongmens, met uitgesoekte voordele wat die nuwe werker in die werkplek beskerm, en help om hul loopbane te ontwikkel sodat hulle kan floreer.

ʼn Lid van JeugPro kwalifiseer vir 20%-afslag by Akademia, en 40%-afslag by S-leer – twee massiewe opleidingsvoordele wat die jongmens in ʼn klas van sy eie sal sit. ʼn Lid van JeugPro kry ook toegang tot regsadvies, en die JeugPro-lid kry ook dadelik, sodra hy of sy aansluit, toegang tot sy of haar beroepsgilde.

Dit beteken dat hulle skouers kan skuur met die beste van die beste in hul bedryf, en dat jy selfs toegang kan kry tot ʼn werkplek-mentor. ʼn Lid van hierdie beroepsgilde kry ook die nuutste inligting oor die bedryf waarbinne hy of sy staan, en word met kennis bemagtig binne en buite die werkplek.

Dit is maklik vir maatskappye om te sê die jeug is die toekoms, en dat môre aan jongmense behoort, maar Solidariteit besef dat jongmense nie net die toekoms is nie, hulle is die fondasie waarop die toekoms gebou gaan word. Met wetgewing wat jongmense uithou eerder as intrek is ʼn waghond en ʼn adviseur nou meer nodig as ooit. Jongmense het nou meer as ooit nodig om op die Solidariteit-skip te klim, en die storms wat op pad is nie alleen aan te pak nie.

Persone wat 26 jaar of jonger is, of persone met kinders wat pas begin werk het, kan Solidariteit Jeug se webblad besoek by www.jeug.co.za en klik op JeugPro. Jy kan ook 0861 25 24 23 skakel en laat weet dat jy graag by JeugPro wil aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.