Jong lesers kies beste kinderboeke in Afrikaans

Argieffoto (Foto: Victoria_Borodinova/Pixabay)

Die wenners in die ATKV-Kinderboekpryse is Woensdag bekend gemaak.

Dié toekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, het die ATKV in ʼn verklaring gesê.

Boeke wat vir die pryse in aanmerking kom, word deur jong lesers self beoordeel en dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

“Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk,” lui die verklaring.

Die jongspan se keuses vir die beste kinderboeke van die jaar is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR en graad 1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Moenie die melk vergeet nie
  • Illustreerder: Linki Brand (Lapa Uitgewers) – Magriet die stadshoender

Selfleeskategorie: Graad 2 en graad 3

  • Skrywer: André Trantraal (Lapa Uitgewers) – Keegan en Samier: Die sokker-fiasko
  • Illustreerder: Tumi K. Steyn (Pan Macmillan SA) – Minki in die middel

 Selfleeskategorie: Graad 4 en graad 5

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie
  • Illustreerder: Theodore Key (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie

Selfleeskategorie: Graad 6 en graad 7

  • Skrywer: De Wet Hugo (Human & Rousseau) – Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf

Selfleeskategorie: Graad 8 tot graad 10

  • Skrywer: Fanie Viljoen (Lapa Uitgewers) – Offers vir die vlieë

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.