Jong mamma getuig van wonderwerke ná gru-ongeluk

Emily-Ann Rautenbach in die hospitaal. Foto: Verskaf

Woensdag 31 Oktober 2018 het vir Emily-Ann Rautenbach (29) begin soos enige ander dag.

Sy het haar agt maande oue dogtertjie, Esté, gegroet en koers gekies na die Hoërskool Bonnievale, waar sy ʼn Afrikaans- en Engels-onderwyseres is. Al wat anders was, is dat sy dié oggend met haar man, Corné, se bakkie van Ashton af na die buurdorp, Bonnievale, gery het, omdat sy dit wou laat skoonmaak nadat hulle die vorige naweek daarmee van die see af teruggekom het. Dié klein stukkie onbenullige detail sou later een van die talle wonderwerke wees wat Emily-Ann se lewensgetuienis sou word.

“Ek het sowat 90 km/h gery en wou by ʼn ander motor verbygaan,” vertel Emily-Ann. “Ek was in sy blindekol. Hy wou by ʼn ander motor verbygaan en het my nie gesien nie. Ek het uitgeswaai en die bakkie het gegly, gerol en op sy dak te lande gekom. Vir ʼn uur en ʼn half was ek daarin vasgekeer. As ek met my motor gery het, was ek waarskynlik op slag dood.”

Emily-Ann was besig om te luister na ʼn Hillsong-CD met aanbiddingsmusiek wat nog in die bakkie was sedert hul seevakansie. “Ek het myself die hele week herinner daaraan dat ek die CD moet uithaal en in my motor moet sit, maar nie sover gekom nie,” onthou sy. “Vir daardie uur en ʼn half wat ek in die wrak gelê het, het die CD kliphard gespeel. As jy kyk na foto’s van die wrak, sal jy nie glo dat ʼn CD nog kon speel nie. Die mense wat die wrak weggesleep het, kon nie die musiek stilkry nie en moes uiteindelik die battery ontkoppel. Veral een lied het my gedagtes oorgeneem: ‘Who You say I am’.”

I am chosen, not forsaken
I am who You say I am
You are for me, not against me
I am who You say I am …

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Toe sy besef sy was in ʼn motorongeluk, het sy dadelik ʼn dringendheid ervaar om haar sondes te bely – nie omdat sy gedink het sy is nie gered nie, maar omdat sy ervaar het die Heilige Gees het ʼn skoon kanaal nodig vir God om te werk, sê sy. En skielik het sy ʼn vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan.

“Soveel so dat toe die ambulansbestuurder sê: ‘Genade, hierdie vrou gaan vandag doodgaan, kyk hoe blou word sy …’ kon ek lewe spreek en haar antwoord: ‘Nee, ek gaan nie vandag sterf nie’,” sê Emily-Ann. “Toe my man op die toneel kom en vra of sy vrou nog lewe, kon ek die paniek in sy stem hoor. Vanuit die bakkie het ek hom geantwoord: ‘Ek lewe. Spreek jy lewe, en bid net.’ Ek het instinktief geweet ek moet niemand toelaat om dood te spreek nie, en dat net God my hierdeur gaan kry.”

Emily-Ann onthou dat sy doodkalm was, al het sy nie geweet waaraan sy hang of hoe ernstig sy beseer is nie. Albei haar arms was gebreek en haar regterarm vergruis; sy het ʼn kopbesering gehad wat veroorsaak het dat sy die helfte van haar liggaamsbloed verloor het. Maar ten spyte daarvan het sy geen pyn beleef nie, en elke detail ingeneem sodat dit later deel van haar getuienis sou kon word.

“En toe gebeur nog ʼn wonderwerk,” onthou Emily-Ann. “Ek het Jesus se voet in ʼn visioen sien verskyn. Dit was die mooiste voet! Dit het gelyk soos ʼn wit marmervoet wat van die enkel af ondertoe sigbaar geword het, reg voor die bakkie se wieldop waar ek dit kon sien. Ek het ook Jesus se kleed se soom gesien, met tossels en klokkies aan. Toe ek later uit my koma gekom het, was dit een van die eerste dinge wat ek vir my familie vertel het. In die Ou Testament het die priesters granaatpitte aan hul kleed se soom gedra wat as klokkies gedien het. In Hebreërs lees ons dat Jesus nou ons Hoëpriester is. Ek sal dit nooit vergeet nie … Jesus het my fisiek kom ontmoet in een van my swaarste oomblikke,” vertel sy.

Die wrak na die ongeluk. Foto: Verskaf

Omtrent ʼn uur ná die ongeluk, toe nooddienspersoneel vir Emily-Ann uit die bakkie wou knip, was sy nog genoeg by haar positiewe om vir hulle te kon sê: “Eina, julle knip my kop raak.” Haar man het toe sy hand oor haar kop gesit om dit te beskerm.

“Die Here het my man ook kalm gehou,” onthou sy. “Hy het gehelp om my uit die bakkie te lig terwyl hy kon sien die helfte van my kopvel is afgeskeur.”

Dokters se prognose was nie goed nie: Volgens hulle het Emily-Ann ʼn 90% kans op breinskade gehad. Hul aanvanklike voorspelling was dat sy tien dae in intensiewe sorg versorg sou moes word, waarna sy minstens drie weke in ʼn gewone saal sou moes wees voor sy na ʼn rehabilitasiekliniek oorgeplaas sou word.

Maar ná net drie dae in intensiewe sorg is sy verskuif na ʼn gewone saal, en ná tien dae is sy ontslaan. Sy is direk huis toe, sonder dat enige rehabilitasie nodig was.

“Die lewe is nie altyd maanskyn en rose nie, maar in tye soos hierdie word jou geloof getoets en jou karakter gebou,” getuig Emily-Ann.

Op 6 Maart vanjaar het sy ʼn beenoorplanting in haar linkerarm ontvang. Skaars twee maande later het sy haar verhaal met een hand vir Maroela Media getik.

“Ek weet dat die Here ʼn plan het daarmee dat my arm nog nie volkome genees het nie; ek weet ook dat dit wel volkome sal genees, want God doen nie halwe werk nie,” sê sy.

Ná die ongeluk het die Here haar gelei om ʼn bediening te begin waarmee sy vroue wil motiveer om vas te byt ondanks hul omstandighede, en nie hul geloof in God te verloor nie, sê sy. “Ek het lank met die Here gestoei hieroor, want ʼn mens begin nie so ʼn bediening uit jou eie krag nie.

“Maar deur God se genade kry ek nou al vir ses maande die krag om nie moed te verloor omdat ek nie my dogtertjie kan vashou en versorg nie, of omdat ek nie ten volle vrou kan wees en voel nie. Daarom moet ek ander help wat soortgelyke trauma beleef het.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Dianne ·

Goeie dag, julle sal my nou nie glo nie maar ek het per ongeluk op hierdie berig afgekom en was stomgeslaan want wat met haar gebeur het het dieselfde met my gebeur ek het die oggend vroeg besluit om my man se kar te vat en hom te laat was wat al vir 3 maande staan omrede hy ‘n ander kar gekoop het en ek my bakkie (caddy) die huis gelos het want ek en kinders sal reg langs mekaar gesit het en opslag saam dood gewees het spesifieke
eenuur die middag toe tref ‘n polisiekar ons wat oor ‘n rooi robot gery het en ek toe verlam is daarvan ek is ook net 5 dae kans gegee om te lewe en dit is nou sewe jaar dit was net vir my verbasend gewees toe sy sê sy het die karre geruil en dit is presies dieselfde wat met ons gebeur het en toe ek uit die hospitaal kom en reel toe moes gaan het ek op die bed gelê en met die engele wat op die dak was gepraat en hulle het vir my gesing en dit was johannes 11 waar jesus laserus uit die dood uitgehaal het ek is verlam van my borste af ondertoe ek is ‘n kwadrupleeg ek stuur vir julle ‘n stukkie van my, ek wil net sê alle sterkte en is trots dat sy uitgaan en mense bemoedig. Dianne Fourie op Google my verhaal daar, as jul wil kyk. Sterkte

Christelle ·

Dit is so ‘wow’, so wonderlik. Ons dien ‘n Groot, Almagtige en Lewendige God!

My c ·

Ek het die getuienis vandag nodig. Ek is op n nie aangename plek in my lewe nie. Ek dank God vir wat Hy vir jou doen en gedoen het.

Heidi ·

Prys die Here en kyk na Bo. God se Genade is eindeloos en Hy sal jou nooit alleen laat nie. Sterkte!?

Amanda ·

Wat ‘n wonderlike getuienis inderdaad. My c, Ek het dit ook so nodig gehad vanoggend. Ons moet net vasbyt. Jesus het sy tyd en ek wag geduldig

Arno Scheepers ·

My c…Ek bid vir jou. Ons God is daar vir jou ook. Sterkte met jou probleem.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie is amazing. Ek self het 18 vriende en familie lede in die afgelope 40 maande aan die dood afgestaan. Hele paar het hulleself om die lewe gebring, sommiges is deur kriminele geskiet, ‘n paar was in motorongelukke, en heelwat het maag-; brein-; lewer-; en borskanker gehad. Sommiges was ouer as 80, ander so jonk as 18. Baie van hulle het klein kindertjies en ‘n gesin gehad. Nie in EEN van hulle gevalle het Jesus opgedaag met ‘n kleed aan, of het hulle Sy voete gesien nie. As ek maar net kon uitwerk HOE Jesus besluit by wie om op te daag, en by wie nie…..Het hulle nie die regte CD gespeel in hulle nood, pyn en sterwens-uur nie? Was nie een van hulle geroep om ‘n bediening te begin nie? Was almal van hulle verlore? Het nie een van hulle ook gebid terwyl hulle hulle laaste oomblikke beleef het nie? Sou nie een van hulle ook wonderlike getuies uitmaak nie? Is hulle gediskwalifiseer? Op grond van wat? Kan iemand my help?

Leoni ·

Ek kan wragties nie eers een van jou vrae antwoord nie behalwe om te sê dat as ek jou vrae kon beantwoord, sou ek kon sê ek ken God se planne en sy motiewe en gedagtes. Dit is eerstens arrogant verby, en tweedens sou God dan minder God (wat die heelal geskape het deur te spreek) gemaak het en meer mens. En dit is totaal verkeerd en ondenkbaar… Ons moet glo in ‘n hoër plan anders maak NIKS sin nie, veral nie as mens se logika teen sulke vrae te staan kom nie. Sterkte vir jou

JohanL ·

Gemaskerde Sopbeen, ek het empatie met jou en al jou vrae wat so “eerlik en opreg” is. Ek kan jou nie antwoord nie, maar wil wel aanbeveel dat jy die boek “Die Dood en die Lewe Hierna” van Ds Isak Burger koop en lees. Miskien sal baie of al jou vrae daar beantwoord word. Ja, jy sal na jy die boek gelees het, dalk nog vrae wil vra. Maar ek het die boek gelees en dit is ‘n baie goeie begin.

Baie sterkte – dink aan jou.

minx ·

Sopbeen….ek kry jou en almal wat geraak is deur hierdie afgelope 40maande van hartseer vreeslik jammer,en ek Bid vir almal vir vertroosting.
hoe maklik sou dit nie wees om die wil van God te kon verstaan nie,ne?
Ek is wel bly dat iemand soos Emily wel gered is om ons almal wat steeds op aarde is te vertel van hierdie wonderwerk.
Ek ken vir Emily al ‘n paar jaar,en toe ons hoor van die ongeluk ‘n paar minute later het niemand wat haar ken eers getwyfel dat die Here vir haar sal red nie!Ek is dankbaar vir die krag wat die Here vir haar gegee het daardie dag,omdat ek persoonlik daardeur gered kon word.
Hierdie is ‘n ongelooflike vrou,ma en Juffrou!

Botterblom ·

Niemand weet nie… Daarom moet ons ons reg hou… hierdie getuienis van die vrou is vir myself ‘n bevestiging wat deesdae in my kop maal… ons moet ons kanaal na God skoon en oop hou… spreek vry… laat los… maak skoon vir God om by ons uit te kom… Ons vloek daardie taxi nog paar uur lank as hy voor ons inry…(net ‘n voorbeeld)… laat dadelik los, spreek vry.. los die kwaad en haat… preek lewe en seen..

Oaktree ·

Dit is ñ geweldige getuienis en gee mens verseker hoop. Dit is wel hartseer dat onbeantwoorde vrae mens se gedagtes laat struikel teen die beloftes van God. Ek het onlangs ñ miskraam gehad, en ñ week voor dit het die Heilige Gees my verseker van hierdie nuwe journey, dat ek oor niks moet bekommerd wees nie en dat ek gereed is daarvoor. En toe gebeur dit. Mens moet nogsteeds aanhou glo al verstaan mens basies niks van die dinge wat oor ons pad kom nie, en al maak niks sin nie.

Ann ·

Sopbeen, baie jammer oor jou groot verlies.
Onthou net, die Here kom na mens toe in verskillende gedaantes. Mens herken dit nie altyd nie. Dalk het jou vriende iets heel anders ervaar, en diy net nie herken nie. Troos jouself daaraan dat hulle nou in die Hemel is

Alida Engelbrecht ·

Sopbeen, daardie vriende en familie wat gesterf het het in alle waarskynlikheid vir Jesus self gesien in hul sterwens uur. Nie net n deel van Hom of Sy kleed nie !Jy wat agter bly sit met die hartseer en baie vrae, maar hulle is verlos van alles wat nie heilig is nie. Iewers in die Bybel is n vers wat noem dat ons wat later sterf nie jaloers hoef te wees op die wat ons vooruit gegaan het nie. Eintlik om te se as ek vandag sterf begin my hemelse vreugde vandag eers, terwyl my pa nou al meer as 30 jaar daardie vrede het. Maar tyd is nie n faktor in die hemel nie. Een dag is soos duisend jaar, en duisend jaar is soos 1 dag.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Jesus is nêrens meer welkom nie…skole,kerke,werksplek,weermag…. mense is narsissisties en het hom nie nodig nie.
.
.

Wielspore ·

Raak stil, en luister, net God sal vir jou antwoorde gee.

jennifer ·

ek will net se dat Jesus wel by jou families en vreinde was jonk of oud dit is net die
planne wat Jesus vir ons het is nie almal dieselfde nie en onthou een ding dinge kon
slegter gewees het .Jesus en sy enegele is altyd daar want ons is sy mense en hy ons God.
hy sal ons nooit vergeet of verlaat nie en miskien is hulle engele vir die Here.

jennifer ·

Jesus en sy engele was daar want Hy se Hy sal ons nooit vegeet of verlaat nie ons is Sy
mense en HY ons God en onhou die planne wat God vir ons het is nie lamal dieselde nie
en miskien het God hulle nodig gegad om sy engele te wees.Vertou op God en sterkte.

Hendrik ·

Wonderlike berig, dankie vir die getuienis! Baie seën met die bediening!

Gesiggie ·

Emily- Ann jou storie getuig waarlik van n vrou vol geloof… en dat God jou beskerm het en jou gehelp het , daar kom baie dae in n mens se lewe wat n mens voel? wat ek Is my doel op die aarde… waarvoor lewe ek,maar dan lees n mens jou wonderwerk verhaal en besef n mens, daar is iets soos n tweede kans in die lewe, en as n mens Glo en op God vertrou is als moontlik. God is Good all the tIme… and I do believe in Angels….

Hannelie van Deventer ·

Baie dankie vir hierdie awesome getuienis! God is Groot!

Hallelujah ·

Ek buig voor U neer my Vader. Hierdie is ‘n absolute wonderlike wonderlike getuienis. Emily-Ann – jou doggertjie besef natuurlik wat ‘n absolute wonderlike mamma sy het. Kyk net altyd op na bo moenie gaan le nie se God. Fantastiese getuienis. My dogter en ek getuig ook heeltyd hoe groot ons God is en Hy los jou nie ooit nie. My dogter was ook in ‘n groot ongeluk en weet tot vandag nie hoe sy deur dit gekom het nie maar ek het altyd vir haar gese – sit God eerste altyd altyd eerste. Amen

Dorothy ·

Wow dis amazing God is groot alle eer aan Hom. Dankie vir jou getuienis.

Marinda ·

Baie dankie Emily-Ann. Ek was self in ñ situasie waar die dood my geliefde aan geraak het, maar op daai oomblik het ñ kalmte oor my gekom en ek het net geweet, dis nog nie tyd nie. Hy gaan nie nou al nie.
Voor dit was ek altyd kwaad oor wat besig was om met hom te gebeur. Ek het so hulpeloos gevoel, want dit het vir my gevoel asof die Dr’s hom nie wou help nie, maar daai oggend het hulle gesien wat hulle moes sien.
Ek het toe geweet, God is nog al die tyd daar saam met ons. Hy het ons nog nooit verlaat nie.
Ek het toe net aanvaarding gehad. My geliefde is nog al die tyd saam met my en word elke dag net sterker en sterker. Sonder ons geloof in Hom sou ons dit nooit kon doen nie.

Rochelle Carstens ·

Loof die Here Hy is goed! God gebruik n minus teken en maak dit n plus teken in jou lewe sodat ons eer kan bring aan ons Meester. Sterkte met jou bediening. Ek glo jy sal baie vrug op jou arbeid hê.

Riaan ·

Uit n ander punt, dit is hoekom ek nooit n Toyota bakkie sal koop nie, A frame front suspention en hulle verander dit nie. Was nou die dag by n scrapyard vir n part vir my bt50. Meerderheid bakkies baie van hulle het gerol, Toyota.
Verder ek is baie bly oor jou herstel en sterk geloof. Mag God se genade elke dag oor jou straal.

Regtig ·

Riaan, ek ry so by die 70 000km ‘n jaar met my Hilux, en het nog nooit onveilig in een van hulle gevoel nie. Die feit is omdat ek so baie op die pad spandeer sien ek talle ander bakkies ook op hulle dakke le, waarvan my buurvrou net die ander dag met haar BT50 gerol het. Jy moet een ding mee rekening hou, daar baie meer Hilux bakkies op die pad as sekere ander modelle a.g.v die verkoops syfer. Dit is miskien oor die rede dat dit net blyk daar is ‘n probleem.
Pragtige getuienis van Emily.

Frieda ·

Wonderlik!!! Jy is so bevoorreg. Ons kan miskien nie almal sy voet of kleed gesien het, maar Hy is altyd daar. Mens moet glo want daar staan ” jou geloof sal jou red”.

Marianne ·

Emily-Ann baie dankie vir jou lewende getuie. My wense is dat jy volkome sal herstel sodat jou gtuienis wyd en syd bekend sal word. Amen

Elize ·

Dis wonderlik WE SERVE A GREAT GOD elke dag wil ek net my lewe aan my Jesus oorgee en in sy voet spore beweeg ek kan nie sonder Jesus nie nooit nie ja die lewe gooi lelik goed op my en ons pad maar ek Sal my oe op Jesus hou tot aan die einde my dae Jesus gee krag elke dag HOW GREAT HE IS OUR GOD

jakes ·

Prys die Here want Hy leef. Emily en vele ander getuig daarvan.

Shane ·

Om op te volg op my antw wat ni kla is ni Jer en Pred stel dit baie duidelik;
Jer 2:19 “Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die Here van die leërskare.”

Pred 7:17 “Wees nie alte goddeloos, en wees nie dwaas nie: waarom sou jy sterwe voor jou tyd?”

Ps 92:15-16 “In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, om te verkondig dat die Here reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.”

As ek moré van n dak afspring in n swembad in en ek breek my nek is dit God of di duiwel se skuld???

Shane ·

Gemaskerde sopbeen om jo vraag te antw: di mens het vrywil en dis ongelukkug di nadeel van liefde;liefde gee altyd n keuse. Dardi mense wat hule eie lewe gevat het;het n keuse gemaak. As God elke keer moet intervene omdat ons verkeerde besluite maak is dit ni vrywil ni dan is ons puppets op n string. En dan moet God voor n aborsie setrum gan staan en elke vrou keer wat n aborsie wil doen. Op jo ander vraag God maak dit baie duidelik in Hos 4:6 Sy volk gan ten gronde wees ons onkundig is in Sy woord. Jesus maak dit ook baie duidelik in Matt 10:32 as jy Sy naam bely voor mense bely Hy jo naam voor God en Sy engele,as hy Sy naam verloen voor mense word jo naam voor God en di engele veloen. Hokm het dardi goed gebeur want God se engele was gebind. Di engele word net geativeer op di naam van Jesus hoeveel mense verloen Jesus se naam en besef dit ni eers ni. En ons kan God en di satan ni di skuld vir als gee ni kyk mooi wat se Jer 2:19 en Pred 7:17 gan kyk ook na Ps 92:15-16. As ek besluit om van n dak af te spring in n swembad in en ek breek my nek wie se skuld is dit?

Out of Africa ·

Dis nou al meer as 20 jaar terug maar ek onthou die geval soos gister. As ‘n jong dokter op die Echo 2 reddings helikopter was ek by ‘ n gru ongeluk op die N17, die kar was verwoes, maar die radio het aanhou speel. Alphaville se liedjie “Forever young” het tot vervelens bly speel, later vind ons uit selfs die kar battery was verwoes! Die jong vrou in die kar het egter ongedeerd daarvan afgekom. Daai dag het ek gelowig geword.

Lulu ·

Dis n baie mooi storie….

Wens die mense wat nogsteeds nie in God glo nie wil hierdie stuk lees.

Wielspore ·

Om die Here se teenwoordigheid te ervaar is onbeskryflik en nie verstaanbaar vir party mense. En dat die Here jou en jou man rustig maak ten spyte van jou eie beserings en die sigbare beserings wat jou man moet sien. Sterkte vir die herstel en dankie vir die getuienis.

Charmy ·

Sjoe Antjie, dis uiters gemeen, wie & wat gee jou die reg om n ander se pyn te bevraagteken. Die vrae wat die persoon vra klink vir my na iemand wat erge trauma beleef. Gemaskerde Sopbeen, ek hoop jy kry berusting. Alle eer aan ons Vader.

Heksie ·

ek moes ook leer van lewe spreek toe my kleinkind met ITP gediagnoseer is so bietjie meer as ‘n jaar gelede!
Ons Almagtige God en Vader lééf!!!!!!!! Jy is ‘n sprekende voorbeeld van Sy genade en liefde vir ons! Baie sterkte op jou pad vorentoe!

Valerie ·

Ek is in trane. Ek moet bieg, ek is skuldig elke dag, want ek aanvaar my lewe en dag vanselfsprekend. Kyk nou net. Ek is Skuldig skuldig skuldig. Dankie vir hierdie wake up call. Jy is pragtig.

Andre ·

WOW…..WOWW ! Wonderlike getuienis……laat my sommer klein voel . Baie sterkte en vrede vir julle ..

Abel ·

Shoe, dit is weereens vir ons almal bewys dat ons God Groot en Almagtig is!!! so bly dat jy jou getuie met ons almal deel.

Mag jou arm sommer gou weer 100% genees wees. Liefde en Voorspoed op jou lewenspad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.