Jong man help ouma op die roltrap

Die foto van die 19-jairge Alujwyon Williams wat die ouma op die roltrap help, word wyd op sosiale media gedeel

Die foto van die 19-jairge Alujwyon Williams wat die ouma op die roltrap help, word wyd op sosiale media gedeel

ʼn Foto van ʼn jong man wat ʼn ouma op ʼn roltrap help, wat te bang was om self op te klim, word wyd op sosiale media gedeel.

Leah Kerr van Indiana in Amerika, is op 26 Augustus saam met haar ma en twee dogtertjies na ʼn winkelsentrum in Fort Wayne. “Ek het al die pakkies in my hande gehad en het probeer om die twee meisies se hande ook vas te hou toe ons by die roltrap afgaan. Eers nadat ons opgeklim het, het ek besef ouma is te bang om op te klim,” het sy verduidelik.

“Ek het vreeslik sleg gevoel toe ek sien hoe sy weer en weer probeer om op te klim. Mense het om haar geloop en haar gestamp of haar gevra om een kant toe te staan, totdat hierdie wonderlike man haar gesien het. Hy was nie te skaam om haar te help nie en hy het die hele pad na onder haar hand bly vashou en haar weer gehelp om af te klim. Baie, baie dankie vir hom.”

Die 19-jairge Alujwyon Williams het op Leah se plasing kommentaar gelewer en gesê hy sou nooit kon raai deur net homself te wees sou hom só baie erkenning gee nie. “Dankie daarvoor, en dit was regtig net ʼn plesier. Ek is dankbaar om deel te kan wees van ʼn storie wat mense se harte aanraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nel ·

Goed om te lees. Ek wens daar was meer sulke gevalle om te rapporteer ook op Maroela ipv al die moord. bedrog en gruwelike motorongelukke.

Absoluut ·

Kan ons jou kloon en invoer Afrika toe, sodat mense diekant kan leer deur net om jouself te wees positiewe dade moet wees en nie die aanranding van vroue en n 68 jarige omie nie!

Theresa B ·

Dis awesome! Die 19de jarige Williams sal baie blessings op sy pad kry! Great for you!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.