Jong onnie se droom om klas te gee bewaarheid

Anne-Marie Kruger by haar gradeplegtigheid (Foto: Verskaf)

Anne-Marie Kruger, ʼn jong onderwyser wat pas haar nagraadse diploma in onderwys klaargemaak het, het onlangs gehoor dat sy nie kan begin werk nie omdat haar beurs nie vir haar studies sal betaal nie.

Kruger het vir drie jaar voltyds tale studeer en gewerk om haarself te ondersteun, en tog kon sy met vyf onderskeidings haar graad klaargemaak. Sy het daarna ʼn nagraadse diploma in onderwys voltooi en weereens met onderskeidings deurgekom.

Die klasgelde vir haar voorgraadse kwalifikasie was deur ʼn NSFAS-lening gedek. Sy het weer om hierdie beurs aansoek gedoen vir haar nagraadse kwalifikasie, maar sy het eers na haar laaste eksamen reeds geskryf was, gehoor dat die gelde nie deur die beurs gedek sal word nie.

Sonder haar kwalifikasie kon Anne-Marie nie begin werk nie, al het sy reeds ʼn tydelike pos by ʼn skool gehad. Sy kon nie die werk aanvaar nie, want sy het nie haar diploma gehad nie. Om haar diploma te kry moes sy R32 670 betaal.

Anne-Marie se suster, Roelien, het by Jacaranda FM se Good Morning Angels om hulp aangeklop. Dié span het koppe bymekaargesit en saam kon hulle genoeg geld insamel om vir Anne-Marie se nagraadse studies te betaal.

Anton Prinsloo het Woensdagoggend op Jacaranda FM gesê dat hy namens PSG Wealth Silver Lakes R20 000 van Kruger se studiegeld sal betaal sodat sy haar diploma kan kry waarvoor sy so hard gewerk het.

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ook geld ingesamel om ʼn verskil in Kruger se lewe te maak. Dié skool sal die res van die studiegeld (R12 670) betaal om Kruger se studiebeurs totaal af te betaal.

Anne-Marie het Woensdagoggend by die Hoërskool Montana begin werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Roelien Koedooder ·

Goeie dag, baie dankie vir die mooi artikel. Ek wil net graag een ding regstel. My sussie kon die werk aanvaar met haar huidige kwalifikasies omdat dit nie n vaste pos is nie. Dit is net n tydelike pos.

Sy sal geen vaste pos kon aanvaar sonder haar diploma (waarmee Anton van PSG, Jakaranda en ook Affies gehelp het. )

Met die hulp van die bogenoemde kan sy n vaste pos aanvaar en haar lewe in orde kry ?

Esmiralda ·

Dit wil gedoen wees! Geluk A-M ! Jy verdien dit! Sterkte met jou pad voorentoe en ons weet jy gaan n sukses daarvan maak nes jou fnntastiese uitslae!

Rooi Jan ·

Hoekom wou NSFAS nie hulle verbintenis nakom nie? Is dit omdat sy blank is?

Ekke ·

Daar was nie n ooreenkoms vir nagraads nie. Syt aansoek gedoen en nooit terug gehoor nie.

Stephanie Gernandt ·

My dogter het met ‘n Funza Lusaka beurs studeer en is steeds nie ‘n pos my ‘n departementele skool aangebied nie. Sy moes vir maande sonder werk sit en het gelukkig by ‘n privaatskool ‘n Gr. R POS bekom.
My vraag is, hoekom dan soveel beurse gee as jy nie werk kan verskaf nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.