Jong rolprentmaker wil historiese bakens verewig

Die jong filmmaker Louis Kruger. (Foto: Verskaf)

Louis Kruger, ’n onafhanklike rolprentmaker, het Woensdag die Voortrekkermonument besoek as deel van ’n groter visie wat hy vir historiese bakens in Pretoria het.

Die 22-jarige Kruger maak ’n kortprent oor kultuur en historiese bakens in die Jakarandastad en die eerste halte op sy tog was die monument.

Hy het aan die idee gekom toe hy Leonardo Dalessandri se kortprent, Watchtower of Turkey, gesien het.

Hy glo die hoofstad van Suid-Afrika het ongelooflike bakens waarvan die wêreld moet weet en sien. Hy sê die Voortrekkermonument is een van die hoofkenmerke in Pretoria.

“Ek het grootgeword in Pretoria en was op Affies op skool. Ons hoof, dr. [Pierre] Edwards, het seker gemaak ons ken die geskiedenis van die monument,” sê hy.

Kruger kyk ook uit ’n ander hoek na die monument. Hy is ’n argitek en waardeer die kultuur- en erfenistuiste van die Afrikanergeskiedenis ook vir sy estetiese waarde en is in verwondering met hoe dit ontwerp en gebou is.

“ʼn Mens het net soveel waardering vir die monumentaliteit, die volume en kompleksiteit. Hoe hulle dit gebou het in daardie tyd sonder die tegnologie van vandag maak dit werklik merkwaardig.

“Die Voortrekkermonument het deel van die koppie geword en is nie net ’n gebou bo-op die koppie waarop hy staan nie,” sê Kruger.

Hy gaan nóg bakens in Pretoria besoek en beoog om die kortprent oor ’n maand bekend te stel.

As jy ’n verskil wil maak en deel wil wees van die bewaring en voortbestaan van die Voortrekkermonument en ’n kultuurversorger wil word vir jou nageslagte, sluit aan as ondersteuner van die Voortrekkermonument.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.