Jong seun se droom uiteindelik bewaarheid

Tristan

Foto: Facebook/ Tristan’s wish

Tristan Moore (12), ʼn talentvolle skopbokser van Velddrif aan die Weskus, gaan uiteindelik Amerika toe.

Maroela Media het vroeër berig oor dié jong seun wat vanjaar vir ʼn derde keer na Amerika genooi is om deel te neem aan die NMA-ISKA Skopboks-wêreldkampioenskap in Orlando, Florida. Hy kon die vorige kere nie die reis bekostig nie, maar was vasbeslote om Suid-Afrika vanjaar te verteenwoordig. Tristan het sy eie Facebook-blad begin en het worsbroodjies by die skool verkoop om te spaar vir dié reis.

Estelle Haward, Tristan se ma, sê hulle het oorweldigende reaksie gekry. “Hy gaan Amerika toe! Ek het al so gehuil! Mense het my so verstom – mense wat nie eintlik kon bekostig om te help nie, het gehelp.”

Dié trotse ma sê die hele ondervinding het soveel mense bymekaar gebring dat hulle ook nuwe vriende gemaak het. “Ek het absoluut weer vertroue in die mensdom – dis ongelooflik.”

Tristan vlieg op 28 Junie en sy ma sê hy kan al Amerika se befaamde pizza proe.

“Tristan oefen baie hard – hy sit nou ekstra ure in. Ek dink hy voel nou ook die druk. Soveel mense het gehelp en hy wil hulle nie teleurstel nie. Hy wil graag ʼn beker of medalje huis toe bring.”

Estelle meen hulle is net dankbaar vir die blootstelling en ondervinding wat hy gaan kry nie en vir haar, as ma, maak dit nie saak of hy wen of verloor nie. “Ek het vir hom gesê ons is reeds trots op hom en hy hoef nie onnodige druk op homself te plaas nie, maar hy is baie streng met homself.”

Tristan se reis en akkommodasie is nou betaal, maar Estelle sê hy het nog ʼn geldjie nodig vir dinge soos visumkostes en sakgeld.  Stuur gerus ʼn e-pos na [email protected]  as jy Tristan wil ondersteun, of besoek sy Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Estelle Haward ·

Baie dankie Maroela Media vir julle aandeel in die waarmaak van Tristan se droom. Ons waardeer elke bydrae, wens en ondersteuning ongelooflik baie.

REGVERDIG ·

Go for it my boy !!!!!!!!!!
Baie baie geluk. Mag jy net vorentoe gaan in die lewe. Jy is n pragtige seun.

Leonie ·

Dis awesome ek is so bly. Ek volg al sy goed op fb en sal defnitief einde van die maand weer ‘n geldjie inbetaal. Baie geluk julle!

Estelle Haward ·

Baie dankie Leonie dat jy van die begin af deel van Tristan se droom en reis is. Waardeer ongelooflik. X

Fransie ·

Hoe beny ek hom. Ek en my man was 2 weke gelede in Fort Myers in Florida en was dit nou lekker. Ook aansienlik goedkoper in Florida as in New York. Outjie het omtrent iets om na uit te sien (en ook baie tyd om te spandeer op vliegtuie) – dis ‘n laaaaang vlug soontoe. Geniet!!

Eliza-beth ·

Dit 3was vir my heerlik om deel te word van sy droom deur ‘n klein skenking. Maar eral wil ek vir Maroela baie dankie sê vir hierdie tipe van berig – ek kon al vele kere mense help dmv ‘n Maroela berig. Ook met hul advertensies van Koblikkieprojekte en ander dmv Afriforum se Helpende Hand dis so ‘nmaklike manier om ‘n vinnie bydrae te maak en mens kom dit eintlik nei eers agter nie!. Mens sal andersins nie van sulke goed weet nie. Sterkte Tristan en ja, moenie te veel druk op jousself plaas nie. Dit sal wonderlik wees as jy ene of ander medalje terugbring maar indien dit nie so gebeur nie, solank jy jou beste gelewer het op die dag is dit al wat tel.

Eliza-beth ·

Oeps en daar spring die disleksie in…ek is seker almal verstaan wat ek wou sê

Estelle Haward ·

Baie dankie Eliza-beth vir jou pragtige woorde en bydrae en gesels en leer ken. Dit is ongelooflik hoeveel Maroela Media se artikel vir ons gedoen het en stem saam met jou. Kon ook al heelwat help a.g.v hierdie tipe beriggewing. Groete en ons hou almal op hoogte met hoe dinge gaan. Estelle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.