Jou ma verdien ʼn groot bederf!

Argieffoto (Foto: congerdesign/Pixabay)

Sy is die een wat jou suksesse saam met jou vier: maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, sy deel in jou vreugde. Sy is die een wat jou trane afvee en jou vertroos as jou planne nie vlot nie – en sy is daar om jou aan te moedig om weer te probeer. Sy is die een wat vir jou bid en net die beste vir jou wil hê.

Jou ma verdien ʼn groot bederf!

Moedersdag word vanjaar op 12 Mei gevier en dit is die ideale geleentheid om jou liefde vir haar te bewys. Maroela Media het elkeen van die volgende geskenke spesiaal vir jou ma uitgesoek.

Vir die kombuis-ma


Elke behoorlike familieresepteboek spog gewoonlik met ʼn “flatervrye” melktertresep en dié dis kan verskillende baadjies aantrek: van ʼn yskoue stukkie melktert wat met kondensmelk aangemaak is (en waarvoor jou ouma haar wenkbrou sal lig en die basaartannies sal kopskud en sê “dis nie ʼn regte melktert nie”), of ʼn stukkie melktert wat pas uit die oond kom met kaneel daaroor gestrooi wat jou herinner aan al die nostalgie van lekkerkuier in die kombuis. Hierdie stelletjie is alles wat jou ma nodig het om ʼn melktertmeester te word.
Bederf jou ma met dié Melktertmeester-stel uit Die Koöperasie vir slegs R199-00*.


Jou ma gaan beslis beïndruk wees met dié resepteboek! Heleen Meyer verduidelik in dié boek hoe om vyf opwindende nuwe disse uit een doodgewone, alledaagse bestanddeel in jou kombuis te maak.
Bederf jou ma met die Maak vyf-resepteboek uit Die Koöperasie vir slegs R170-00*.


Voortrekkers kook is ʼn resepteboek wat vinnige en lekker resepte bevat. Dit sluit onder andere resepte in vir stokbrood, trekkerbrood, biltongpotjie, mieliekoekies, mieliepapdoughnuts, pampoenpoffertjies, gebakte koeksisters, vlagpoeding en nog baie meer.
Bederf jou ma met die Voortrekkers kook-resepteboek uit Die Koöperasie vir slegs R190-00*.

Vir die koffieliefhebber


Dit word nie verniet jou “Moedertaal” genoem nie. Hierdie blikbekers is ideaal vir jou ma wat net so lief is vir Afrikaans soos jy. Die vier strofes uit NP van Wyk Louw se “Vier gebede by jaargetye in die Boland” is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op jou ma se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer.
Bederf jou ma met dié Boland-bekers (vier bekers in elke stel) uit Die Koöperasie vir slegs R260-00*.


Bederf jou ma met dié stel boereporselein-blikbekers. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.
Bederf jou ma met dié Boereporselein-blikbekers (ses bekers in elke stel) uit Die Koöperasie vir slegs R130-00*.


Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jou ma nodig het om haar liefde te bewys – vir haar geliefdes, ons taal en ons mooie natuur.
Bederf jou ma met dié stel Kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) uit Die Koöperasie vir slegs R130-00*.


Oom Boet se boeretroos word gemaak van die beste bone van reg oor Afrika. Dit word gekweek in ryk, vrugbare grond. Die tradisionele handroostermetode word gebruik om jou koffie perfek te rooster.
Bederf jou ma met Oom Boet se boeretroos (250 g-sakkie) uit Die Koöperasie vir slegs R85-00*.

Vir die sjiek boervrou


Dié duursame handsak is net so modieus en stylvol in die middestad van Kaapstad as die stofstrate van Koekenaap. Of sy nou gereeld hoë polvye of plat sandale dra, sy gaan altyd trots wees op dié leerhandsak.
Bederf jou ma met dié mooi handsak uit Die Koöperasie vir slegs R1 400-00*.


Lyk altyd spoggerig met dié duursame leerhandsak aan jou sy: of jy nou gereedmaak vir inkopies in jou gunstelingwinkelsentrum, gaan koffiedrink saam met jou vriendinne of sommer net spoggerig wil lyk vir ʼn braai by vriende. Dié leerhandsak is net so kosbaar soos vriendskap.
Bederf jou ma met dié mooi handsak uit Die Koöperasie vir slegs R1 300-00*.


Sy kan hoër sing as ʼn klavier en het al meer staande gehore gehad as ʼn laerskoolkoor in Durbanville. Sy is so deel van Afrikaanse kultuur soos pannekoek en melkkos. Dié egte leer-handsak is so goed soos ʼn paar note musiek wat jy saam met jou huis toe vat vir inspirasie.
Bederf jou ma met dié mooi handsak uit Die Koöperasie vir slegs R580-00*.

Vir die sakevrou


Sy het teatergehore en fliekgangers gaande. Sy kan enige karakter laat lééf en haar persoonlikheid is aansteeklik. Haar talent is ongekend en haar liefde vir Afrikaans maak van haar ʼn skat vir ons moedertaal.
Met hierdie egte leer-boeksak sal jy ook lyk soos ʼn wafferse glanspersoonlikheid.
Bederf jou ma met dié mooi sak van egte leer uit Die Koöperasie vir slegs R1 230-00*.


Hy is ʼn bekroonde skrywer en sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal. Stuur ʼn stukkie van dié kreatiwiteit saam met jou ma huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of selfs ʼn handsak.
Bederf jou ma met dié mooi sak van egte leer uit Die Koöperasie vir slegs R1 230-00*.

Vir die ma wat alles het


Dié ma is die anker van haar gesin. Sy is die skouer waarop jy kan huil, die een wat graag luister as jy enigiets met haar wil bespreek – of dit sommer net muisneste of selfs iets meer ernstig is soos volgende week se eksamen waaroor jy bekommerd is, en die een wat alles in haar vermoë doen om vir haar gesin te sorg. Haar kinders lag lekker vir hierdie T-hemp, want ma se vernuf in die kombuis is duidelik te sien in pa se boep.
Bederf jou ma met dié mooi T-hemp uit Die Koöperasie vir slegs R150-00*.

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word. Laat jou ma spog met yskasmagnete op haar yskas: sy sal kinders (van alle ouderdomme!) kan besig hou terwyl sy die laaste voorbereidings doen.
Bederf jou ma met dié yskasmagnete (twee stelle) uit Die Koöperasie vir slegs R110-00* (of ʼn enkele stel teen slegs R60-00*).


Bewys jou liefde met ʼn titseltjie soetigheid! Hierdie handgemaakte tradisionele toffies is sag en smelt soos botter op die tong en is die ideale Moedersdaggeskenk.
Bederf jou ma met dié toffies (drie geure toffies in elke bottel) teen slegs R75-00*.

Hoop julle geniet Moedersdag!

*Posgeld uitsluit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.