Julio Iglesias besoek SA in Oktober

Julio Iglesias (Foto: Wikipedia)

Julio Iglesias (Foto: Wikipedia)

Julio Iglesias, gewilde Spaanse minnesanger, besoek Suid-Afrika in Oktober as deel van sy wêreldtoer. Hy tree op in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.

Julio is veral bekend vir liedjies soos “To All the Girls I Loved Before” en “Hey”.

In sy loopbaan van langer as 47 jaar het dié sanger meer as 300 miljoen albums verkoop, in meer as 5 000 konserte opgetree en bykans 2 600 goue- en platinumalbums op sy kerfstok versamel.

Hy is ook al vereer met Grammy- en Billboard-toekennings.

Op dié wêreldtoer tree Julio op saam met sy orkes en dansers. Kaartjies is van Donderdag beskikbaar op iTickets en Computicket.

Sy seun Enrique is die sanger van treffers soos “Hero” en “I Like it”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Katrien ·

18 Oktober Morelapark Auditorium
Bespreek by itickets.co.za

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.