Spog met jou eie Maroela-top vir die winter!

Die prettige Maroela-kappietop vir mans en dames.

Jy lees alles op Maroela Media: die (slegte) nuus, die goeie nuus, die rubrieke deur meningsvormers, die nuus oor tegnologie, geldsake en vermaak. Jy toets die resepte, volg die leefstylnuus slaafs na en staan verstom oor nuus in ons gedoriewaarportaal. Jy volg ons op sosiale media, is ingeskryf op ons nuusbriewe en het onlangs selfs ʼn Maroela-fonteiner geword.

Jy voel tuis op Maroela Media, want dis jou mense, jou taal. Want as jy Afrikaans praat, dan is hierdie jóú kuierplek, jóú gemeenskap, jóú tuiskomsplek.

Nou kan jy met jou liefde vir Maroela spog!

Word deel van die Maroela-span met hierdie prettige kappietop: dis mooi, modieus, snoesig en gemaklik. Maar opskud: dis ʼn eksklusiewe produk en slegs 300 Maroela-aanhangers sal met só kappietop kan spog.

Dra jou Maroela-kappietop by die werk, ʼn Saterdagmiddagbraai of selfs by sportgeleenthede – as dit snerpend koud is buite, is dit al wat jy gaan nodig hê!

Elke Maroela-kappietop (beskikbaar in donkerblou en donkergrys) word verkoop vir slegs R399. Bestellings sluit sodra die algehele landswye afsonderingsperiode tot ‘n einde kom en versending sal plaasvind sodra die afsonderingsperiode opgeheg is – waarskynlik net betyds vir die winter!

Klik hier om jou bestelling te plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.