Jy is vrou – daarom is jy sterk

Dr. Elsha Hermann. (Foto: Verskaf.)

Solidariteit Helpende Hand se FroueVonds* poog om deur vroue se verhale en ervaring, meisies en ander vroue te bemagtig om hul eie lewens te verander, én pilare in hul gemeenskappe te word.

Dr. Elsha Hermann, ’n maatskaplike werker van Helpende Hand, deel in hierdie rubriek tien kenmerke van ’n sterk vrou, volgens ander vroue:

  1. ’n Sterk vrou het ’n natuurlike instink en dryf om haar gesin, familie, vriende en bure te versorg en te koester.
  2. ʼn Sterk vrou staan elke dag op met geen sekerheid oor wat die dag gaan inhou nie, maar straal innerlike sterkte uit.
  3. ’n Sterk vrou is nie bang om haar opinies te lug of om die waarheid te praat nie.
  4. ’n Sterk vrou glimlag elke dag ter wille van haar gesin, al voel sy so moeg sy wil net omkap.
  5. ʼn Sterk vrou is ook soms kwesbaar, veral in moeilike tye en stort soms ’n traan, maar kan dan weer opstaan en die positiewe in die lewe raaksien.
  6. ʼn Sterk vrou put wysheid uit haar lewensondervinding en gebruik dit om die lewe met geloof, hoop en liefde aan te pak.
  7. ʼn Sterk vrou besef sy is nie perfek nie, maar sy gee nog steeds haar beste en gee nie moed op nie.
  8. ʼn Sterk vrou is ondanks liggaamlike uitdagings geestelik sterk en kan die pas aangee en die koers aandui.
  9. ’n Sterk vrou met integriteit en deursettingsvermoë het innerlike krag om enige situasie met grasie aan te pak
  10. ’n Sterk vrou bid vir haar land, mense, familie en vriende.

 Hierdie is ’n reeks van rubrieke deur vooraanstaande vroue wat hul steun aan die FroueVonds verleen. *FroueVonds word opsetlik verkeerd gespel om aan te sluit by sy slagspreuk – “want alles loop nie altyd reg nie”. Vir meer inligting of om betrokke te raak, besoek die FroueVonds se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae