Jy kan ʼn verskil maak!

Maroela Media en Helpende Hand het vroeër die jaar kragte saamgesnoer om deur hul Bemagtig-ʼn-Kind-projek “brugbouers” vir behoeftige Afrikaanse kinders te word.  Daar is al verskeie projekte aangepak om dié fonds uit te bou.

Nog ʼn projek wat Helpende Hand aangepak het om die fonds te verstewig is om ʼn 2022-kalender bekend te stel. Die inisiatief kan ondersteun word deur individue en maatskappye. ‘n Tafelkalender kos R75, en ‘n tentkalender R10.

Plaas jou bestelling vir ‘n kalender by [email protected] en maak so jou bydrae tot die Bemagtig ‘n Kind-projek! 

Vir meer inligting besoek ons webblad en/of SMS die woord ‘KIND’ na 45763 (SMS kos R2).

Lees hier oor die verskil wat dié projek tot dusver in kinders se lewens gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.