Jy kan steeds vir vanjaar se Spar-wedloop inskryf

Donnalee Roberts is weer vanjaar ‘n ambassadeur vir die gewilde Spar-wedloop. (Foto: SPAR Women’s Challenge Tshwane / Facebook)

Terwyl aanlyn inskrywings vir die Spar Women’s Virtual Challenge gesluit het, is daar steeds verskeie maniere waarop vroue regoor die land aan die wedloop op 3 September kan deelneem.

Ná die sukses van die Spar Women’s Virtual Challenge oor die afgelope twee jaar, kan sosiale drawwers en stappers weer by die aksie aansluit, met deelnemers wat enige tyd tussen 06:00 en 18:00 op die dag van die geleentheid hul eie afstand op hul eie roete kan voltooi, waar hulle ook al in Suid-Afrika of Namibië is.

Binnelandse inskrywings is nou beskikbaar by meer as 20 Spar-winkels regoor Suid-Afrika, insluitend Bronkhorstspruit, Bryanston, Clayville, Douglas, Groblersdal, Harrismith, Les Marais, Lyttelton, Marapong, Marshalltown, Meyersdal, Mokopane, Noordheuwel, Noordwyk, Queenswood, Secunda, Soshanguve, Thabazimbi, Tsakane, Tzaneen, Witbank en Witfield.

Indien jy steeds groepe van 15 mense of meer wil inskryf, kan jy dit eenvoudig doen deur ʼn e-pos na [email protected] of [email protected] te stuur.

Mense wat graag in groepe aan die wedloop wil deelneem, kan ook by meer as 190 plekke aanmeld waar die Parkrun-reeks gewoonlik plaasvind.

Alle plekke waar groepe of Parkrun-geleenthede vir die Spar Women’s Virtual Challenge gaan plaasvind kan op die webwerf gevind word. Vir enige navrae kan jy ook 011 203 5303, die amptelike hulplyn, skakel.

Deelnemers aan die Spar Women’s Virtual Challenge, wat beperk is tot 60 000 inskrywings, sal elk ʼn wedlooppak ontvang wat ʼn tou-sak, ʼn T-hemp, ʼn gesigsokkie (buff), ʼn wedrentydskrif en ʼn medalje insluit.

Vir elke Spar Women’s Virtual Challenge-inskrywing sal ʼn pakkie sanitêre produkte geskenk word om ʼn meisie in die skool te hou.

Onthou die Spar Women’s Virtual Challenge vind vanjaar op Saterdag 3 September enige tyd van 06:00 tot 18:00 plaas. Besoek Spar Women’s Challenge se webwerf vir meer inligting of kry die naaste Parkrun se besonderhede hier. Volg die Spar Women’s Challenge ook op Facebook en Instagram.

(Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.