Kaalvoet-kinders kry skoene

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

Vosk-skoene beloof om een paar skoene aan ʼn behoeftige kind te skenk, vir elke paar wat verkoop word.

“Jy kan ʼn onderneming hê wat wins maak EN jy kan mense help,” sê Wesley Vos, stigter van Vosk-Skoene. Volgens hom is dit ʼn volhoubare manier om terug te gee aan die gemeenskap. “Hoe meer mense jou produk koop, hoe meer kinders word gehelp.”

Skoene is iets wat soveel mense as vanselfsprekend aanvaar, maar vir party kinders is dit ʼn luukse. Volgens Vosk se webwerf het hulle op skoene besluit want dit sal kinders in staat stel om skool toe te gaan, aan sport deel te neem terwyl dit hulle ook beskerm teen snye, infeksies en ander siektes.

Dié Kaapse organisasie werk saam Samaritan’s Feet om te bepaal waar die nood die hoogste is. Die projek is tans aktief in die Kaap, maar Vosk se doelwit is om behoeftige kinders regoor Suid-Afrika te help en uiteindelik kinders van verskeie lande. “Ons wil selfs in Afrika en uiteindelik regoor die wêreld kinders help,” het Vos gesê. Die Afrika-kontinent is ook prominent op die sool van dié skoen sodat die handelsmerk internasionaal erken kan word en dat die Afrika-kontinent afgestempel word, waar jy ookal gaan.

ʼn Bemarkingsveldtog is op Indiegogo gister bekend gestel wat mense in staat sal stel om meer betrokke te raak. “Hierdie veldtog is nodig sodat ons kan voortgaan met die projek. Ons doelwit is om $30 duisend in 50 dae in te samel. Op ons webwerf kan mense gaan kyk en besluit oor hoe hulle betrokke wil raak,” het Vos verduidelik.

Vosk-skoene word in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig.

Gaan besoek gerus Vosk se webwerf om jou paar skoene te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jade ·

Sjoe!!!! Paar Vosk’s in elke kleur asb . . . :) great idee en mooi harte van die wat betrokke is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.