Kaapse tiener is wêreld se wiskunde-boffin

wiskunde

Foto: Argief.

Dario Trinchero, ʼn 17-jarige leerder van die Somerset College in die Wes-Kaap, is onlangs aangewys as die beste wiskunde-presteerder ter wêreld.

Trinchero het aan CapeTalk vertel die Somerset College het in 2015 die Cambridge- internasionale eksamen aan leerders voorgestel wat ʼn parallel-kursus is van die onafhanklike eksamenraad wat meeste private skole in Suid-Afrika aflê. Cambridge se internasionale eksamen bied egter geakkrediteerde internasionale kwalifikasies.

“Ek moes twee wiskunde-vraestelle, twee chemie-vraestelle en ʼn twee uur lange praktiese eksamen in chemie aflê,” het dié slimkop verduidelik. “Omdat die tyd so min was, het ek nie verwag dat ek só suksesvol sou wees nie.”

Trinchero het 100% behaal in sy wiskunde-eksamen wat hom die top-presteerder in die wêreld maak. Hy is ook aangewys as die beste chemie-student in Suid-Afrika. “Ek was nog altyd dol oor wiskunde en het toegewyde onderwysers gehad. Ek dink ek doen goed daarin, omdat ek nog altyd omring is met mense wat dieselfde liefde daarvoor het.”

Trinchero beoog om teoretiese fisika en rekenaarwetenskap te gaan studeer wanneer hy klaar is met skool.

Luister die Cape Talk onderhoud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.