Kaapstad as kreatiefste stad aangewys

Kaapstad Foto: www.pixabay.com

Kaapstad Foto: www.pixabay.com

Kaapstad het onlangs agt ander stede uitgestof en is aangewys as die kreatiefste stad ter wêreld.

Die webwerf howitravel.co het ʼn kortlys van nege van die kreatiefste stede ter wêreld saamgestel uit vorige ervarings van joernaliste en skrywers wat die stede besoek het. Elkeen van dié plekke het ʼn goeie rede waarom dit op die lys verskyn, maar kreatiwiteit en innovasie was ʼn vereiste.

Hiermee die kreatiefste stede volgens die lys:

  1. Kaapstad, Suid-Afrika
  2. Die stad het in 2006 aktief begin met ’n ontwerp-program om Kaapstad ’n beter en mooier plek te maak. Kaapstad het verskeie toeristeaantreklikhede soos Tafelberg, Leeukop, ʼn Botaniese Tuin en verskeie museums. Die stad is ook vol kafees en restaurante wat innoverend is.

  3. Amsterdam, Nederland
  4. Hoewel Amsterdam meeding met internasionale metropole soos Londen en New York, skep die kleiner skaal van die stad ’n ideale teelaarde vir innovasie. Die stad is ook onlangs aangewys as een van 11 “koelste” plekke ter wêreld.

  5. Beijing, China
  6. Die stad het honderde museums en teaters en die stad se kultuur en erfenis word versmelt in die uitleg daarvan.

  7. Christchurch, Nieu-Seeland
  8. Die stad is volgens die lys die uniekste van almal. Hoewel die stad in 2010 en 2011 deur aardbewings getref is, het geboue, kreatiwiteit en innovasie uit die puin herrys.

  9. Austin, VSA
  10. Dié stad staan bekend as die hoofstad van regstreekse musiekaanbiedings en is een van die wêreld se kreatiefste en mees kuns-sentriese stede. Austin is ook die “vreemde stad” gedoop.

  11. Stockholm, Swede
  12. Stockholm is die perfekte plek vir enigiemand wat belangstel in tegnologie, musiek en Skandinawiese ontwerp. Prins Daniel van Swede sê dié stad se kreatiwiteit lê in die landsburgers se nadruk op vryheid, openheid en die vertroue tussen mense.

  13. Helsinki, Finland
  14. Helsinki is geleë langs ʼn groot hawe en het ʼn ouwêreldse gevoel wat in kontras staan met die groot moderne dele van die stad. Kulturele erfenis is ook ryk met dié land se nasionale museum en die Kiasma-museum vir kontemporêre kuns.

  15. Bilbao, Spanje
  16. Dié stad in Spanje se Baskiese streek op die grens tussen Spanje en Frankryk is besig om te ontwaak ná dekades van industrialisering. Hoewel daar nou heelwat nuwe en argitektonies vernuftige geboue is, skyn die ou sjarme van die stad steeds deur.

  17. Nagoya, Japan
  18. Hoewel Nagoya dikwels oor die hoof gesien word omdat toeriste eerder Tokio besoek, het dié stad in ʼn kreatiewe en kulturele ontwikkel met heelwat museums, tempels en beduidende kontemporêre argitektuur.

    Bron: Howitravel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris ·

Moet mens nou lag vir die… “die land val inmekaar maar, darem is ons kreatief”… klugspul…

Poena ·

Ja, en alle nuwe straatnaamborde in Kaapstad is in Engels. DIE DA IS NIE n’ VRIEND VAN DIE AFRIKANER NIE!

Henk ·

Want dis die krag van taal! Dit is de enigste reden waarom Kaapstad op 1 en Amsterdam op 2 staat. ;)

Jurian ·

Dat viel mij ook al op ja Haha. Blijft toch mooi dat Afrikaans en Nederlands talig mensen elkaar verstaan. :)

Leeukop ·

Opmerklik dat daar nie enige Afrika stede is nie behalwe kaapstad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.