Kaapstad-fietstoer se kos, water na Houtbaai-slagoffers

Pick n Pay het die afgestelde Kaapstad-fietstoer se kos aan die slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland geskenk (Foto: Facebook)

Pick n Pay het die afgestelde Kaapstad-fietstoer se kos aan die slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland geskenk (Foto: Facebook)

Duisende slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland het Sondag kos, water en koeldrank wat vir die Kaapstad-fietstoer bedoel was, as skenking ontvang. Nagenoeg 8 000 mense is dakloos gelaat.

Maroela Media het vroeër berig duisende fietsryers moes Sondagoggend vroeg, kort nadat hulle weggespring het in vanjaar se Kaapstad-fietstoer (ook bekend as die Cape Town Cycle Tour en voorheen die Argus), teleurgesteld teruggaan huis toe nadat die organiseerders dié wedren weens sterk wind gekanselleer het.

Die kettingwinkelgroep Pick n Pay, wat die voedselborg vir dié fietswedren was, het Sondag al die kos wat tydens die wedren verkoop en uitgedeel sou word, aan die Houtbaai-brandslagoffers geskenk.

Pick n Pay het die afgestelde Kaapstad-fietstoer se kos aan die slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland geskenk (Foto: Facebook)

Pick n Pay het die afgestelde Kaapstad-fietstoer se kos aan die slagoffers van die verwoestende brand by Houtbaai in die Kaapse Skiereiland geskenk (Foto: Facebook)

Die verwoestende brand in Houtbaai het nagenoeg 2 000 plakkershutte verwoes. Vier mense is ook in die brand dood.

Die kettingwinkelgroep het ook insamelingspunte by sy winkels in die Wes-Kaap vir lede van die publiek wat by die inisiatief betrokke wil raak.

“Ons spanne het hard gewerk om die kos voor te berei en te vervoer, maar dit is maar ʼn klein druppel van die aantal mense wat reeds betrokke geraak het,” lui groep se Facebook-inskrywing.

Jarett van Vuuren, Pick n Pay se nasionale woordvoerder, was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boerseun ·

Meer soos 8000 onwettige plakkers. Ou toerkie die, seldfe met wat aanhou in vloedvlaktes hutte opsit

Valerie ·

Pragtige, menslike gebaar. Sulke onbaatsugtighied, veral aan die wat niks het nie, kan lewens en toekomste verander. En persepsies. Om net een klein hartjie ietsie te gee na al die verlies kan vir daai persoon iets baie groot wees. Empatie sit nie in elke vrou se broekie of man se broek nie, maar dit is een van die suiwerste liefdesdade wat ons mekaar kan bewys.

Wie weet? More brand ons huise af, en ond FlatScreen, en die DSTV, en die 12 laptops, en, en, en. Hierdie is ‘n pragtige gebaar, finish en klaar.

zahn ·

Dis nou dieselfde kettinggroep wat in die verlede gesê het dat hulle NIE hul hand sal uitsteek as blankes in die nood is nie. Ongeag die stand van die blanke.

San-Marie ·

God is voorwaar goed! Baie dankie vir oop hande en harte.

Oom Walker ·

Ek vertrou dat die organiseersders van die fietstoer darem ook minstens ‘n deeltjie van die miljoene rande se inskrywingsfooie gaan aanwend vir die Houtbaai-brandslagoffers?

Koos1 ·

Die inskrywings het tussen R500 en R1000 beloop en volgens die organiseerders gaan dit nie terug betaal word nie. Dis mos nie reg nie. Ek weet die organiseerders het uitgawes, maar hulle moet versekering ook mos in plek hê, nie waar nie? Die betalende fietsryers word nou die borge en weldoeners, nie P&P of die organiseerders nie.
Ek wil tog die fietsryers aanmoedig om hulle inskrywinsgelde terug te eis, aan die hand van die Krediet wet.

Kiepie ·

Koos1, die PPA wat die wedren organiseer is ‘n nie-vir-wins-organisasie en het dus nie vorige jaar reserves om op terug te val nie. Hulle het miljoene Rande se uitgawes wat reeds aangegaan is in die aanloop tot die groot dag en wat nie weer verhaal kan word nie. Dat die wedren gekanseleer is is belsis ‘n groot teleurstelling vir almal wat sou ry (alhoewel dit ongetwyfeld die regte besluit was onder die omsatndighede) maar ek skenk my R380 inskrywings geld met liefde vir die hulle as dit die voortbestaan van die wedren sal help verseker. As ‘n deeltjie van die geld nog aangewend word om mense minder bevoorreg as ekself te help, soveel te beter. Die inskrywingsgeld is in elk geval vir die meeste van die deelnemers net ‘n klein deeltjie van die werklike onkoste (dink vliegtuigkaartjies, hotelverblyf, fietsparte, klere, supplements ens) wat, as ons jou redenasie volg mos ook onnodig was in die lig van die feit dat die wedren nie plaasgevind het nie. Van wie moet ons dit dan verhaal en waar trek jy die streep?

SkarrelKind ·

Koos1 – kyk die fliek Act of God (Billy Connolly). Wie dagvaar mens vir weerlig, want die versekering betaal nie vir acts of god nie … En wie dagvaar mens vir die wind?

Niccy ·

Baie mooi gebaar van P&P. Hoop net volgende jaar kan die manne wel fiets ry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.