ʼn Motorfietsklub in Kaapstad wil op Goeie Vrydag seker maak meer as 2 000 persone het iets om te eet.
Die Ottery Boyz-motorfietsklub het Vrydagoggend by Keith Blake se huis saamgekom waar sy gesin genoeg vis voorberei het om meer as 2 000 inwoners van Lansdowne, Hanover Park en Philippi iets te ete aan te bied.
Dit is ʼn jaarlikse tradisie en dit is al die sesde keer wat die motorfietsryers behoeftige mense bystaan.