Kattekind loop ver om ouma te kry

boredpanda.com

Cleo die kat. Foto: boredpanda.com

ʼn Hond is gewoonlik die mens se beste vriend, maar soms is daar katte wat dié gesegde weerlê.

Nancy Cowan, van Sussex in die Verenigde Koninkryk, het tien jaar gelede ʼn rondloperkat aangeneem. Nadat Nancy en Cleo vir agt jaar gelukkig saam gewoon het, moes die twee se paaie ongelukkig skei toe Nancy na ʼn tehuis moes trek. Cleo die kat het by Nancy se buurvrou gaan bly en dit was die einde van die storie.

Of so het hulle gedink.

ʼn Paar weke later het ʼn vriendelike kat homself begin tuis maak by die tehuis waar Nancy woon. Die kat het voor die gebou geslaap en bedags deur die kamers van die tehuis gewandel.

Een van die versorgers, Laura Costello, het die kat opgetel toe Nancy noem dat dié kat baie soos haar kat, Cleo, lyk.

“Nancy het gesê haar kat het ʼn deel van sy stert verloor in ʼn ongeluk jare terug en toe ons kyk, was ʼn groot deel van die kat se stert weg. Dis toe ons besef dis inderdaad Nancy se kat wat haar opgespoor het.

“Ons het nie ʼn idee hoe die kat vir Nancy gekry het nie en dis nie moontlik dat sy haar kon volg nie. Nancy se huis is redelik ver van die tehuis,” het Costello verduidelik.

Cleo en Nancy woon nou saam in die tehuis en blykbaar is albei nou baie gelukkig.

Lees die berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

charlene ·

Hoekom was die kat nie van die begin af welkom nie?? So baie mense pos hulle ouers en groot ouers so gou na `n te huis en los hulle daar, alleen. Die diertjie kom die 1ste rukkie lekker gemaak het. Oumensies het nie veel oor nie en baie van die wat na tehuis toe gaan (nie almal nie) word daar ingestop sodat die kinders die huis kan verkoop, die geld spandeer en hoop en bid te persoon lewe nie meer lank nie! Dis omdat al wat `n plek is “geen diere” wat die samelewing so crappy is. MAAR ek is baie bly die katjie kon maar mamma vind, katte is maar baie slim diere maak nie saak wie wat sê nie, meeste diere is slim… (Baie slimmer as mense)

Kowa ·

Charlene die “geen diere” is nie omdat mens nie van diere hou nie. Die probleem is die mense aan wie die diere behoort, wat nie die diere leer nie. Veral huurders met honde wat 24/7 blaf net omdat hulle kan blaf. Hulle word nie geleer om te blaf vir gevaar of wat ookal nie. Hulle is net ‘n steurnis vir almal rondom hulle, behalwe vir die “dowe” eienaars.

Paul ·

Het julle opgesoek om te sien hoë naby die plekke aan mekaar is? Volgens Google Maps is beide plekke in dieselfde piepklein dorpie wat beswaarlik een kilometer lank en breed is. En boonop is die tehuis en die straat waarin die vrou voorheen gebly het, letterlik een straatblok uitmekaar. Dis maksimum vyftig meter vêr. Dis regtig nie nuus nie. My kat loop verder as dit elke dag en sal my ook vind as ek skielik twee huise verder af in die straat gaan woon.

Paul ·

Ja wel, die feite bederf dikwels ‘n goeie storie, maar nuus behoort feite te wees, nie stories nie.
Dis eintlik verbasend dat die kat so lank (twee weke) geneem het om die tannie op te spoor, aangesien sy maar net so vyftig meter vêr weg was.

Ilza ·

Aan die opgeleide joernalis: koninkryk – nie koningkryk nie.

Landi Slatter ·

Dagsê Ilza

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.