Kersfees begin vandag by Die Koöperasie

Foto: Maroela Media

Van leer looi en brei kan jy ʼn plaasboer niks vertel nie. Op die plaas is alles self gemaak: van saalsakke en gordels tot kruisbande. Selfs riempiestoele is deel van ons geskiedenis, ons grootwordjare.

As kind het ons in die agterplaas op ʼn stokou breiklip geskaterlag in die koelte van die groot boom terwyl ons al in die rondte getol het. Terwyl ons speel is meters en meters riempies gebrei wat later tot swepe en toue verwerk is.

Leer is vir ʼn boer goud werd.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het ʼn groot waardering vir dié goue herinneringe en daarom is dit vir ons belangrik om seker te maak ons vir jou die mooiste egte leerprodukte kan aanbied. Dit is deel van die nostalgie wat nou slegs in herinneringe vasgevang is.

Nou kan jy ook jou eie stukkie boeregoud besit of dit hierdie Kersfees met ʼn geliefde deel.

In ons winkel verkoop ons onder andere die mooiste leertasse, leerhandsakke, badsakkies, ʼn leerbeursie en selfs ʼn verskeidenheid van dasse. Gaan snuffel sommer nou in die rakke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.