Kersfeesgeskenke vir iemand wat al alles het

Begin jy al kopkrap oor Kersgeskenke – veral vir daai mense in die familie of jou vriendekring wat alles het?

Hier is goeie nuus! Kom kry unieke geskenke in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, en wys jou liefde vir ons taal!

Blikkantien-koffiestel

Die nostalgie van boeretroos of goeie koffie is so eg aan ons Afrikaanse kultuur soos melktert, koeksisters en bobotie. Daar is ʼn onthou vir elke koppie koffie. Nou kan jy die nostalgie van plaaskoffie sommer self by die huis geniet met Maroela se Blikkantien-koffiepot, blik vol geluk-blikbekers en oom Boet se beste koffie!

Die geskenkpak bestaan uit een Blikkantien-koffiepot, twee blik vol geluk-koffiebekers en jou keuse van ʼn pakkie gemaalde of heel koffiebone.

Koop nou vir slegs R400-00

Kampporselein

Kampporselein in Die Koöperasie

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur.

Die kampporselein-stelletjie bestaan uit twee tradisionele blikbekers en twee tradisionele blikborde plus twee lepels met emalje-afronding.

Koop nou vir slegs R299-00

Melktertmeester-stel

Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, is dié baie spesiale Melktertmeester-stel net vir jou bedoel.

Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

Koop nou vir slegs R250-00

Blikbeker

Foto: Maroela Media

Boereporselein-blikbeker – net so taai soos jou kanniedood-oupa. Dié bekertjie is net so tuis om die kampvuur as in jou ouma se sitkamer. (Malvalekkers nie ingesluit nie.)

Koop nou vir slegs R30-00 elk

Blikbord

Egte Boereporselein-blikborde in Maroela se Koöperasie

Bak lekker soetkoekies en bedien dit in dié oulike boereporselein-blikbord. Die borde is net so tuis op jou kamptafel of in die kombuis saam met jou boereporselein-blikbekers soos jou ouma se Royal Albert-eetstel in die eetkamer. Hierdie boereporselein is net so taai soos jou kanniedood-oupa.

Koop nou vir slegs R32-00 elk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.