Kersgeskenke vir die mans in jou lewe

Jy het nou al vir hom genoeg kouse en wyn en biltong gegee – dis hierdie Kersfees tyd vir iets besonders! Hy is die pa van jou kinders, die man in jou lewe of die oupa met al die wysheid – bederf hom hierdie Kersfees met ʼn eg Afrikaanse geskenk uit Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie!

Baardolie en boerseep

Baardolie en boerseep (Foto: Maroela Media)

Maak seker hy word bederf met dié baardolie en boerseep. Dis vir elke man wat ‘n slag kan slaan en ‘n bars kan kyk. ‘n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond. Dis die ideale geskenk vir ‘n verjaarsdag, Vadersdag of Kersfees. Baardolie en boerseep loop mos hand-aan-hand en word dus saam verkoop.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R160-00 (posgeld uitgesluit)

Leerbeursie

Beursie van egte leer (Foto: Maroela Media)

Hy gaan soos ʼn splinternuwe sikspens lyk en voel met dié pragtige leerbeursie. Dis boonop die ideale geskenk vir die persoon wat al alles het! Daar is plek vir minstens ses kaarte (met ses bykomende gleufsakkies). Daar is ook ʼn toeknip-kleingeldsakkie en twee vakkies vir papiergeld.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R250-00 (posgeld uitgesluit)

Skuurpapier T-hemp

Skuurpapier-T-hemp (Foto: Maroela Media)

As hy ʼn ywerige ondersteuner van Movember is of soos ʼn wafferse hipster loop en spog met die baard waaraan hy so lank gekweek het, dan is dié T-hemp net vir hom. Van skuurpapier tot grotman: dié baardmeter is die ideale geskenk vir ouens wat mans genoeg is om dit te dra.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R150-00 (posgeld uitgesluit)

Prof. Hennie se egte leer-boektas

Prof. Hennie se egte leer-boektas (Foto: Maroela Media)

Of die man in jou lewe ʼn student, ʼn suksesvolle sakeman of ʼn proffie by ʼn universiteit is, dié boektas van egte leer is net wat hy nodig het.

Die boektas is spesiaal vernoem na prof. Hennie, ʼn bekroonde skrywer. Sy onbaatsugtige liefde vir Afrikaans sal verseker dat ons moedertaal sal bly gedy. Sy boekrak kreun onder al die kennis en sy woordeskat strek van die vlaktes van die Noord-Kaap tot die ruigtes van Natal. Neem ʼn stukkie van dié kreatiwiteit saam met jou huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of selfs ʼn handsak.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00 (posgeld uitgesluit)

Kampporselein

Kampporselein (Foto: Maroela Media)

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur. Die kampporselein-stelletjie bestaan uit twee blikbekers en twee blikborde in groen, geel of gemengde kleure.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R130-00 (posgeld uitgesluit)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juanita ·

Is aanbiedinge (Prof Hennie se egte leer-tas by Die Kooperasie) nie beskikbaar vir Namibië nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.