Kersgeskenke vir die vrou(e) in jou lewe

Jy ken nou al die uitdrukking op haar gesig as sy haar pakkie onder die Kersboom oopmaak en dit is net nóg ʼn serp of nóg ʼn botteltjie reukwater of ʼn stel oondhandskoene. Verras haar hierdie jaar met iets uniek – bederf haar met die mooiste produkte uit Maroela se aanlyn winkel, Die Koöperasie, en maak seker dit is die beste Kersfees ooit!

Terloops, hierdie lysie geskenke is geskik vir enige tyd van die jaar – of dit nou Moedersdag, Valentynsdag of haar verjaarsdag is.

Blikbekerstel (ses bekers) Foto: Maroela Media

 Koop ʼn stel boereporselein-blikbekers vir tannie Annetjie wat so afgunstig na joune kyk. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.

Koop ʼn stel van ses tradisionele blikbekers met emalje-afronding (die gemengde stel blikbekers bestaan uit groen en geel blikbekers).

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R130-00 (vir ses bekers) (posgeld uitgesluit)

Leerhandsak sonder ritssluiter (Foto: Maroela Media)

 Sy sal altyd spoggerig lyk met dié duursame leerhandsak: of sy nou gereedmaak vir inkopies in jul gunstelingwinkelsentrum, gaan koffiedrink saam met haar vriendinne of sommer net spoggerig wil lyk vir ʼn braai by vriende. Dié leerhandsak is net so kosbaar soos vriendskap.

Die handsak is uitgevoer met belyning met ‘n hakie binne-in waaraan jy jou beursie kan knip vir veiligheid en ‘n toeritssakkie aan die binne en buitekant met skouerbande.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R1 300-00 (posgeld uitgesluit)

Boereplaas met uitbreidingstel (Foto: Maroela Media)

Dié bordspeletjie is ideaal vir ma’s wat die kleinspan (en ander gesinslede!) moet besig hou. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone.

Koop nou in Die Koöperasie vir slegs R480-00 (posgeld uitgesluit)

Tannie Marietjie se handsak van egte leer (Foto: Maroela Media)

Sy kan hoër sing as ʼn klavier en het al meer staande gehore gehad as ʼn laerskoolkoor in Durbanville. Sy is so deel van Afrikaanse kultuur soos pannekoek en melkkos. Dié egte leer-handsak is so goed soos ʼn paar note musiek wat jy saam met jou huis toe vat vir inspirasie.

Hierdie elegante handsak is ideaal vir elke dag se gebruik, met genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat jy by jou wil dra.

Koop nou in Die koöperasie vir slegs R580-00 (posgeld uitgesluit)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Melanie ·

Ons word daagliks daarteen gewaarsku om nie vooruit te betaal vir enige produkte ens. Ek het al ‘n slag deurgeloop en baie geld verloor. Tannie Marietjie se handsak is die perfekte geskenk wst ek vir iemand spesiaal wil aankoop. Maar nee wat, ek sien glad nie kans om oor en weer met iemand te skakel op soek na my (klaar betaalde) item. Ek koop eerder iets in ‘n winkel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.