Kersgeskenke vir kinders, tieners en studente

Argieffoto (Foto: Pixabay)

Toe ons jonk was, het ons Kersgeskenke ons ure lank onder die grootmense se voete uit en aan die speel gehou. Vandag sit die grootmense buite en kuier te heerlik terwyl die kinders die televisiekamer met videospeletjies en oorverdowende musiek besoedel. Tieners kruip weg in hulle kamers terwyl die studente eerder die dag op die strand wil spandeer saam met vriende.

Gee vanjaar vir die kinders, tieners en studente in jul familie geskenke wat ʼn bietjie meer waarde dra, vir baie langer as die battery van hul selfoon sal hou en die familie om een tafel bymekaar sal hou.

Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Koop die Boereplaas- en uitbreidingstelle nou in Die Koöperasie

Skiet leë koeldrankblikkies pap met dié kolskootkettie: net reg vir verveelde Saterdagmiddae op die plaas.

Koop die kettie nou in Die Koöperasie vir slegs R35-00

Bederf ʼn tienermeisie met haar eerste handsak van egte leer – sy sal soos ʼn regte dame voel en dit het genoeg sakkies en bêreplek vir alles wat sy by haar wil dra.

Koop die handsak nou in Die Koöperasie vir slegs R580-00

Spog nou met yskasmagnete op jou yskas: Nou kan jy kinders (van alle ouderdomme!) besig hou terwyl jy die laaste voorbereidings doen.

Hierdie yskasmagnete is ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting, jou kind se taalonderwyser en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

Koop ʼn stelletjie Yskasmagnete nou in Die Koöperasie vir slegs R60

Hierdie rol-rugsak is spesiaal ontwerp om ʼn veelsydige doel te verrig. Dit is groot genoeg vir die stapper, die student en die stadsjapie. Dit is van egte leer gemaak, die stikwerk is grof en terselfdertyd netjies afgewerk vir ʼn professionele voorkoms.

Die sak het ʼn ekstra sakkie aan die voorkant en aan die binnekant, met ʼn ritssluiter om seker te maak dat jy nie die hele sak hoef te deursoek na jou pyp, pen of paspoort nie.

Koop die rugsak nou in Die Koöperasie vir slegs R1 450-00

Die Volgende Stop neem jou op reis deur ons land se mooiste plekke, leer jy van ons unieke diereryk, en die dorpe wat bykans vergete is maar die mooiste herinneringe vasvang. Dié bordspel neem spelers op reis deur Suid-Afrika se bekendste dorpe soos Durban, Kaapstad, Pretoria en Mosselbaai. Met jou klein ou Beetletjie (karretjie) maak jy ook ʼn draai in Warrenton, Daniëlskuil, Ficksburg en Bethulie.

Koop Die Volgende Stop nou in Die Koöperasie vir slegs R310-00

Neem ʼn stukkie van dié kreatiwiteit saam met jou huis toe met hierdie rekenaartas van egte leer. Dit kan gebruik word as ʼn boekesak vir ʼn student, ʼn rekenaarsak of selfs ʼn handsak.

Kyk, dié sak sal mense beïndruk, want hoe langer jy hom gebruik, hoe mooier word die leer, en hoe slimmer lyk jy.

Koop die Egte leer-boektas nou in Die Koöperasie vir slegs R1 230-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.