Kersvader tot noodsaaklike werker verklaar

(Foto: Lynda Hinton/Unsplash)

Simon Coveney, Ierse minister van buitelandse sake, het Donderdag amptelik bevestig dat Kersvader ʼn noodsaaklike werker in dié land is.

“Hy is vrygestel [van die inperkingsmaatreëls] en is sonder twyfel op pad.

“As minister van buitelandse sake wil ek bevestig dat my departement reeds weke lank aan die Kersvader-kwessie werk. Ons kan aan die kinders in die land sê dat ons Kersvader se reise as noodsaaklik vir essensiële doeleindes beskou,” het Coveney benadruk.

Hierdie vryheid van beweging is egter net op Kersvader van toepassing en Coveney het kinders gevra om tuis te bly op Oukersaand omdat Kersvader steeds aan streng sosiale distansiëringmaatreëls moet voldoen.

Coveney het bygevoeg dat Kersvader vrygestel is van die verpligte 14 dae van selfisolasie vir reisigers wat die land van die buiteland besoek. Hy mag ook na en van die Ierse lugruim en Ierse huise beweeg sonder enige beperkings.

“Tog doen ons ʼn beroep op kinders om nie snags wakker te bly om Kersvader te ontmoet nie want hy moet ten alle tye sosiale afstand van twee meter handhaaf om homself en ander kinders veilig te hou.

“Kersvader is vrygestel, hy kom, hy het dit bevestig en hy waardeer die feit dat, in ʼn jaar waarin Kersfees dalk heel anders daaruit gaan sien, ʼn besoek van Kersvader ʼn konstante kan bly.”

Met hernude inperkingsmaatreëls wat weer in talle lande in Europa ingestel is, was die kwessie oor ʼn besoek van Kersvader een van die grootste vrae op die jongspan se lippe.

Ierland volg nou in Skotland se voetspore nadat die land Kersvader in Oktober reeds as ʼn noodsaaklike werker verklaar het.

Nicola Sturgeon, eerste minister van dié land, het op 22 Oktober bevestig Kersvader sal nie in die land verhoed word om sy werk te doen nie. “Kersvader is ʼn noodsaaklike werker en hy sal Kersgeskenke aflewer wêreldwyd soos gewoonlik.”

Coveney se aankondig het reeds meer as 288 000 trefslae en word wyd op Twitter verwelkom:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Janine ·

Dis oulik. Hulle gun darem kleintjies die genot en vreugde van Kersvader. Ek dink dis fantasties!

Johannes Andreas ·

Ek begin onmiddelik my baard groei. Vir ingeval.

Boerkind ·

Ek het al in Julie my skoorsteen BAIE groter gemaak… Daar behoort nou ‘n nuwe motorfiets met gemak in te pas… EN ek was baie soet die laaste twee of drie dae!!

Racheltjie Debeer ·

Ah dis nou oulik! Ten minste het die 2 lande se regerings nog verbeelding en weet hul hoe belangrik Kersvader vir die kleinspan is.

Boerkind ·

Julle moet ma vi Tannie Kopdoek vra… dalkies gee sy sommer nog so ‘n inperkingkie op die koop toe!! :-)

Karina ·

Dit is nou ‘n politikus met ‘n hart van goud sodat kindertjies nogsteeds vir Kersvader kan sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.