KFC toets plantgebaseerde ‘hoender’

‘n Foto wat deur KFC uitgereik is van die plantgebaseerde “hoender” wat as toetslopie verkoop is. (KFC via AP)

Hoewel die kitskosreus KFC se onlangse proeflopie met plantgebaseerde “hoender” op sy spyskaart ʼn reusesukses was, is daar nog geen aanduiding of en wanneer dié ongewone item sy pad na Suid-Afrika se KFC-restaurante sal vind nie.

KFC Suid-Afrika het vandeesweek aan Business Insider gesê daar is nog geen planne om dié eksperiment in Suid-Afrika te dupliseer nie. KFC Suid-Afrika het nie Woensdag op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

Die Amerikaanse proeflopie is verlede week in samewerking met Beyond Meat by ʼn enkele KFC-restaurant in Atlanta, Georgia, gedoen en volgens mediaberigte het die ”Beyond Fried Chicken” binne vyf uur uitverkoop.

Beyond Meat is ʼn maatskappy wat verskillende vleisvervangingsprodukte maak uit onder meer ertjies, bone en rys. Die maatskappy gebruik slim tegnieke om die produkte so na as moontlik aan die ware Jakob te kry, soos om beet te gebruik om die “vleis” rooi te kleur. Kokosneutolie en kakaobotter word gebruik om die wit marmereffek op patties te skep en bestanddele word spesifiek gekies om die alternatief ʼn tekstuur soortgelyk aan vleis te gee.

Beyond Meat het in 2009 begin om plantgebaseerde “vleis” te ontwikkel en het sedertdien alternatiewe produkte vir beesvleis, varkvleis en hoender ontwikkel.

“KFC Beyond Fried Chicken is so heerlik, ons klante sal sukkel om te bepaal of dit plantgebaseerd is,” het Kevin Hochman, president en hoofkonsepbeampte van KFC VSA in ʼn verklaring gesê.

Nadat KFC sy vennootskap met Beyond Meat aangekondig het, het Beyond Meat se aandele met bykans 6% gestyg.

Die twee maatskappye het gesê hulle sal oorweeg om die produk nasionaal uit te brei na aanleiding van die sukses van die Atlanta-proeflopie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jiembo ·

B , Dit het ek mos al van kleintyd af vir my ma vertel, maar sy wou my nooit glo nie.

Judge Dredd ·

Natuurlik sal dit uitverkoop – dis ‘n snaaksigheid.
Ek twyfel egter of daar baie “repeat customers” sal wees.

CW ·

ope vraag, dink die groot kraai eters in die land sal nie vrede wees daarmee nie, hy sal nie bene in he nie

Mellissa Smith ·

Bacon is Bacon as jy wil he dit moet soos bacon proe koop bacon….Ek dink dit is stupid om iets to maak wat soos net soos bacon proe maar is nie…as jy nie die regte ding wil eet nie want dis teen jou lewe styl moet nie..maar is hulle n vegetarian ding will try go for it maar moet dit dan nie laat proe soos die ding wat jy nie will eet nie…Laat dit dan proe soos wat dit is ertjies ens…Ek sal n fried veg wing koop….al is ek n vleis eeter…

Boer ·

Ek dink nie dis die vleis by Kentucky wat ongesond is nie, dis die ou olie waarin dit gediepbraai word. Sis, ek gril altyd as ek Kentucky sien.

Nou het hulle ‘n produk gekry in hulle voortdurende uitdaging om die slegste kitskos in die land te verkoop!

PIJ ·

CW is reg.Gaan nie hier werk nie want die bene moet afgesuig word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.