Kikker jou vakansiehuis in ʼn japtrap op

Daar is niks so lekker soos die gevoel van vakansie nie en om boonop in ʼn prentjiemooi vakansiehuis uit te span, maak die blaaskans sommer nog lekkerder. Die hardewarewinkel Build It maak dit vanjaar vir jou maklik om jou vakansiehuis in ’n japtrap soos ’n droom te laat lyk, selfs nog voordat die hele familie vir Kersfees kom kuier! Teen bekostigbare pryse, kan jy uithaal en wys met jou nuwe dekor, verf en beligting.

Verf

Het jy dalk besluit om jou huis ’n vars nuwe baadjie te gee vir die komende feesseisoen, maar jy is onseker oor die kleur?

Build It het ’n wye verskeidenheid kleure wat jou huis in jóú unieke tuiste kan verander en met lewendige, warm kleur ’n plek skep waar almal graag sal wil bymekaar kom. Die perfekte kleur kan mense sommer dadelik laat tuis voel.

Sorg dat jy die verfwerk afhandel minstens ʼn week voor jy en jou gesin na jul vakansiehuis gaan, sodat die verf behoorlik kan droog word. Dit is ook belangrik dat jy die regte toerusting het vir dié taak. Maak seker jy koop die gepaste groottes en teksture verfrollers vir die regte verf-effek waarna jy soek.

Lig

Goeie beligting kan ʼn reuseverskil in enige vertrek maak. Die regte beligting skep die regte atmosfeer en sal enige vertrek in jou huis of buite-area beter laat lyk.

Jy kan muurligte kry wat saans jou huis laat skitter, en tuinligte laat lyk ook jou buite-area meer verwelkomend. Lanterns teen ’n muur of al langs die paadjies in jou tuin, is die perfekte oplossing as daar min of geen lig in jou tuin is nie.

Die regte kleur ligte, patrone en vorms sal meer styl aan jou huis en tuin bring. Maak ook seker jou gloeilampe is almal in werkende toestand.

Fyner detail

Gebruik sommer die vakansieseisoen om daardie los kasdeure, stoele en ander meubels wat dalk ’n skroef of spyker nodig het te herstel. Build It verskaf nie net goeie kwaliteit skroewe, spykers en boute nie, maar ook kraggereedskap en produkte wat wissel van elektriese sae tot bore en sweisgereedskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.