Kind bekoor met ‘Frozen’-liedjie in skuiling

(Foto: skermgreep)

’n Video van Amelia, ’n dogtertjie wat “Let It Go”, die bekende liedjie uit die Disney-fliek Frozen, in ’n kelderverdieping wat dien as bomskuiling sing, het wêreldwyd opspraak gemaak toe dit op sosiale media gedeel is.

Talle akteurs en bekendes het die video gedeel met boodskappe van simpatie.

Idina Menzel, die aktrise wie se stem vir dié van die bekende karakter Elsa gebruik is, het die dogtertjie wat net bekend staan as Amelia bemoedig met ʼn video op Twitter waarin sy sê: “Ons sien jou. Ons sien jou regtig.”

Josh Gad, die akteurstem agter die sneeuman-karakter Olaf, het ook die video gedeel met die woorde: “Ek is oorweldig. Hierdie arme kinders. Hierdie arme mense. Ek wil hierdie en elke ander kind wat op die oomblik in gevaar is druk en beskerm.”

Marta Smekhova, ʼn Oekraïner, het oorspronklik die video op Facebook gedeel en dit is alleen op dié platform al meer as drie miljoen keer gekyk.

In die oorspronklike plasing het Smekhova vertel dat die dogtertjie baie vriendelik was tydens hul tyd in die skuiling in Kiëf, die hoofstad van Oekraïne. “Sy het vir my vertel dat sy nog altyd gedroom het daarvan om voor ʼn gehoor te sing.”

Oekraïense magte en burgers word sedert die Russiese inval in Februarie deur swaar bombardering in die gesig gestaar en meer as twee miljoen het al gevlug.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karlahari ·

Snaaks die manne wat die WesKaap so kritiseer oor hulle Rusland besluit maak nie die af as fop nuus nie.

ONTPS ·

Ek kry sommer ‘n knop in my keel, sy is so brawe meisiekind!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.