Kinderhuis-koskas leeg: AfriForum en gemeenskap gryp in

Foto: Verskaf.Kosskenkings aan Charlotte Theron Kinderhuis.

Foto: Verskaf.Kosskenkings aan Charlotte Theron Kinderhuis.

AfriForum en die gemeenskap van Bethlehem het saamgespan om meer as 70 kinders van die Charlotte Theron Kinderhuis te voed, nadat dié kinderhuis se kosvoorraad byna opgedroog het. Na bewering is die staatsubsidie sedert April nie uitbetaal nie.

Die AfriForum-tak in Bethlehem het van die krisis te hore gekom en die takvoorsitter, Cyrill Atkins, het ʼn halwe bees geskenk. Dié skenking het ʼn golf van skenkings vanuit die gemeenskap begin. Inwoners en kerke het nóg ʼn bees, mieliemeel, boontjies, niebederfbare kos, vars groente en ander benodigdhede geskenk.

Cathy Symington, assistentdirekteur van Engo Kinder-en-jeugsorg, sê hulle is opreg dankbaar vir elkeen se bydrae. “Ons is nou geholpe met kos, toiletware en skoonmaakmiddels. Ons hoop ons kry binnekort ons subsidie, sodat die situasie weer terugkeer na normaal. Ons is egter altyd afhanklik van skenkings van die publiek omdat die subsidie slegs sowat 60-70% van ons uitgawes dek. Elke bietjie hulp maak ʼn verskil.”

“Elektrisiteit en water is wel ’n grondwetlike reg, maar dit is ʼn skande dat kinders sonder kos oor die weg moet kom,” sê CW Els, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Oos-Vrystaat.

Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te raak.  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Dankie weer Afrifoum dat jul ingespring en gehelp het. Kan ons weer bietjie skenk deur te sms? Sal dit maar jul gewone sms nomemr swees of kan jul dalk hier op Maroela weer ‘n sms nommer gee om skenkings te doen vir spesifieke gevalle soos hierdie? Almal kan nie elke maand iets gee nie (ek gee reeds elke maand aan ‘n ander kinderhuis, maar sal met graagte paar sms’s stuur en so bietjie help) maar ‘n sms is so maklik en gou om te help.

Ansie Geldenhuys ·

Brilante plan om dmv sms skenkings aan Charlotte Theron in Bethlehem te doen. Miskien kry ons klaarheid in volgende uitgawe van Maroela?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.