KKNK: Brandstof- en kaartjiepryse keer feesgangers nie

Duurder kaartjie- en brandstofpryse het beslis nie 'n demper op die atmsofeer by die KKNK geplaas nie. Foto: Kknk.co.za

Duurder kaartjie- en brandstofpryse het beslis nie die atmosfeer gedemp by vanjaar se KKNK nie. Foto: Kknk.co.za

Ten spyte van die hoë brandstof- en kaartjiepryse stroom feesgangers steeds na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van KKNK, sê dat hulle met dié fees vir besoekers waarde vir geld wou bied omdat hulle besef dat dit ekonomies swaar gaan.

Bekende sterre en opkomende talent sorg vir ʼn fees wat aan elke besoeker se smaak sal voldoen, sê die organiseerders. Die KKNK word vanjaar vir die 21ste keer aangebied. Die fees eindig Saterdag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

retha ·

As hulle die kaatjies verniet uitdeel in die strate soos mense wat wel daar was gesien het – sal dit lyk of die vertonings uitverkoop is. Hul probeer hulself net beter te laat lyk na hul GROOT blaps!!!

Petro ·

Snaaks dat dit oor die algemeen die organiseerders en een of twee kunstenaars is wat so se!
Die res se dis stil daar????? Wat is die waarheid?

chris ·

Wel ek glo as dit nie so was nie sou die media nie kon wag om dit bekend te maak nie. Jammer vir die mense wat wil he dit moet flop maar dis waar.

Mike Botha ·

Dit was n masiewe flop,daar was ongeveer 50% minder feesgangers en stalletjie eienaars ly geweldig skade.Opvoerings was nooit uitverkoop nie en kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld moes self sukkel en op twitter adverteer om n saaltjie van 600 vol te kry….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.