KKNK maak 2022-Kanna-benoemings bekend

Antoinette Kellermann in ‘die oerkluts kwyt’. (Foto: KKNK/Facebook)

Kunstefeesliefhebbers kon vanjaar van 29 Maart tot 3 April uiteindelik weer oudergewoonte terugkeer na Oudtshoorn vir die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).

Benoemings vir die Kanna-pryse, ʼn toekenningsgeleentheid wat tradisioneel ná afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, is ook vroeër bekendgemaak. Hierdie pryse word op 22 April tydens ʼn spoggeleentheid in Kaapstad uitgedeel.

Die onafhanklike Kanna-paneel, met Rafiek Mammon as sameroeper, sluit in Gary Naidoo, Laetitia Pople, Diane de Beer, Alby Michaels, Marguerite Robinson en Robyn van de Rhede.

“Die paneel sit elke oggend net voor agt al in ʼn kamer en bespreek dan die vorige dag se stukke tot in die fynste besonderheid. Hierdie gesprekke is gevul met passie, erns en liefde.

“Dit gaan nie net oor die feit dat ons weer in lewende lywe kon feesvier nie, en om gehore en kunstenaars te kon sien en hoor nie. Dit gaan oor die gehalte van die werk. Die gehalte van produksies by die KKNK is so goed dat die paneel behoorlik gewroeg het om ʼn kortlys van benoemdes saam te stel,” sê Mammon.

Alle produksies op vanjaar se feesprogram het in aanmerking gekom vir die Kanna-pryse wat uit 14 kategorieë bestaan. Daar sal ook ʼn Herrie- en twee ander spesiale toekennings by die geleentheid later vandeesmaand bekend gemaak word.

Hier is die Kanna-benoemings vir 2022:

Beste debuutwerk (musiek of teater)

Die halwe huis
Karatara
Ek, Anna van Wyk
Terminaal 3

Beste teateraanbieding

Karatara
Ek, Anna van Wyk
Op hierie dag
Terminaal 3

Beste musiekaanbieding

Emo Adams en Take Note
Nataniël: PRIMA DONNA
Anna Davel: 21

Beste bydrae tot visuele kuns

Karin Preller vir die uitstalling “Beyond Memory”
Dineke van der Walt as kurator van “Rich in Fibre”
Die kunstenaar Nkensani Rihlampfu vir die uitstalling “An orchestrated reality”

Slurpieprys: beste opkomende kunstenaar

Janion Kennedy vir spel in Op hierie dag
Marinda Ntantiso vir spel in Op hierie dag
Conradie van Heerden vir spel in die kortstuk Om skoon te wees
Adriaan Havenga vir spel en teks in die kortstuk Om skoon te wees

Beste aktrise

Antoinette Kellermann vir die oerkluts kwyt
Tinarie van Wyk Loots vir Ek, Anna van Wyk
Carla Smith vir Terminaal 3
Anna-Mart van der Merwe vir Terminaal 3

Beste akteur

Marlo Minnaar vir Die halwe huis
Wessel Pretorius vir Kiss of the Spiderwoman
Stian Bam vir Terminaal 3
Edwin van der Walt vir Terminaal 3

Beste mansbyspeler

Carlo Daniels vir Ek, Anna van Wyk
Wilhelm van der Walt vir Ek, Anna van Wyk
Geon Nel vir Ek, Anna van Wyk
Albert Pretorius vir Ek, Anna van Wyk

Beste vrouebyspeler

The Ancient Voices: Nomapostile Nyiti en Lungiswa Plaatjies vir die oerkluts kwyt
René Cloete vir Ek, Anna van Wyk
Marinda Ntantiso vir Op hierie dag

Beste regie

Neil Coppen en Tiffany Saterdaght vir Op hierie dag
Marthinus Basson vir Ek, Anna van Wyk
Gideon Lombard vir Karatara
Marthinus Basson vir Terminaal 3

Beste teaterontwerp

Op hierie dag – Zietske Zaaiman, ondersteun deur die geselskap
Ek, Anna van Wyk – Marthinus Basson
Karatara – klankbaan en -ontwerp deur Gideon Lombard

Uitnemende literêre bydrae

Frieda van den Heever vir die samestelling van die oerkluts kwyt uit die werk van Antjie Krog
Ricardo Arendse vir die nuutgeskrewe teks Die halwe huis
Tiffany Saterdaght en Neil Coppen, met bydraes deur Janion Kennedy, Hannes Visser, Theo Witbooi en Danny B, vir die teks van Op hierie dag

Beste kinder- of jeugteater

Pietersielie en Roosmaryn vertel stories
Liewe Heksie en die rolskaatse

Beste Lucky Pakkie-aanbieding

Coligny Laer
Ruby en Roach – ʼn animasieprent
Om skoon te wees
Onder in die bad

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.