
Ken Parris, ‘n Kaapse ingenieur, verf in sy vryetyd graag klipskilderye om die natuur te verfraai. Foto: Verskaf
Ken Parris, ʼn Kaapse ingenieur, het opspraak gewek op sosiale media ná foto’s van sy klipskilderye wyd versprei is. Ken, wat ʼn vakansiehuis op Gansbaai besit, speel graag met akrielverf vir ontspanning wanneer hy vakansie hou.
“Dit het so drie jaar gelede begin toe ek mooi klippe en stompe op die strand raakgesien het. Vandaar het ek op die klippe en stompe begin verf en dit langs die wandelpad langs die kus gaan pak,” sê hy.
Vakansiegangers en inwoners van die dorpie Franskraal is só dol oor die klipskilderye dat hulle aanbied om dit te koop.
“Ek pak dit langs die strand sodat die mense dit kan geniet. Wanneer hulle dan by my wil koop, sê ek hulle mag dit maar huis toe vat. Solank hulle dit geniet, verskaf dit my baie plesier,” sê hy.
Ken skilder gewoonlik natuurtonele, diere of gesigte wat hy onthou van prentjies wat hy gesien het in boeke en tydskrifte. “Dit is my deel om iets mooi terug te sit in die wêreld. Ek wil hê mense moet iets mooi sien.”
- Een van sy meer abstrakte klipskilderye. Foto: Verskaf
- Dié foto van ‘n haai gaan gepaard met die see-atmosfeer
- ‘n Besie wat hy geskilder het
- Ken terwyl hy besig is om aan ‘n klipskildery te werk. Foto: Verskaf
- Een van sy vrolike skeppings. Foto: Verskaf
- ‘n Olifant wat in ‘n grasveld stap. Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Ag nee mense moenie dit VAT nie, hy verfraai juis die area!! Jy is ‘n bakgat ou wat jou mooie werke sommer vir die mense dit gee, maar ek sou hoop hul los dit liefs daar!