Koben (16) staan eerste keer op

Koben Hofmeyr het Maandag vir die eerste keer sedert die ongeluk opgestaan (Foto: Verskaf)

Koben Hofmeyr, die seun van Louis Trichardt in Limpopo wat sy nekwerwels in ʼn rugbywedstryd beseer het, het Maandag vir die eerste keer met behulp van ʼn fisioterapeut opgestaan.

Trompie Hofmeyr, Koben se pa, het gesê Koben het al fantastiese vordering gemaak.

“Hy kan al sy hande beweeg en hy kan ʼn vuis maak. Hy kan ook al self tandeborsel, eet en sy hare kam. Hy het selfs ʼn al ʼn pragtige fiets geskilder,” het Hofmeyr gesê.

“Koben het Maandag vir die eerste keer opgestaan, en hy het net vir my gesê: ‘Pa, ek is so bly ek kan staan. Dis is so lekker om my voete te kan voel!’”

Hofmeyr het gesê dis is goed vir Koben se gemoed om te kon opstaan, al moet hy dit met hulp doen.

“Vir die omstandighede waarin hy is, is dit vir hom ʼn groot hoogtepunt. Sy gemoed is nog baie goed en hy wíl verbeter. En hy het so baie ondersteuning; hy kry gereeld nog boodskappe van Victor Matfield, Jesse Kriel en ander rugbyspelers wat hom ondersteun; dit help hom om positief te bly,” het Hofmeyr gesê.

Koben kon ook vir die eerste keer die afgelope naweek huis toe gaan. “Daar was altyd vriende of spanmaats wat by hom kom kuier het. Die vriende maak maar beurte om te kom kuier, maar dit hou hom ook positief en hy geniet dit baie!” het Trompie gesê.

Koben moet nog vir sowat twee en ʼn half maande in die hospitaal bly, maar hy kan nou elke naweek huis toe gaan.

Lees meer oor Koben hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

belinda ·

baie trots op jou koben hou net moed jy sal die vrugte pluk

Rugby moeder ·

Dank Vader! Dis ongelooflike wonderlike nuus! Baie sterkte vir jul pad vorentoe. Wys net, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Hou so aan Koben!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.