Kom beproef jou studiemoontlikhede by die Akademia-opedag

Akademia hou Saterdag 7 Maart vanaf 09:00-12:00 ʼn sentrumopedag by haar studiesentrums in Bloemfontein en Die Moot (Pretoria) om aan voornemende studente – beide werkendes en skoolverlaters – die geleentheid te bied om dié Afrikaanse hoëronderwysinstelling se unieke onderrigleermodel te beproef.

“Met aansoeke vir studies vir volgende jaar wat reeds 1 Maart geopen het, is dit ideaal vir studente om eerstehands te kom ervaar wat hulle te wagte kan wees om op die nauurse onderrigmodel by Akademia te studeer,” sê Paul Vogel, operasionele bestuurder van die instelling.

Akademia se nauurse onderrigmodel is van so aard dat studente nauurs klas bywoon, terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag. “Vir werkendes is hierdie model veral aantreklik omdat die verpligte nauurse klaskomponent ekstra akademiese ondersteuning bied, sodat studente vrae kan vra en vinniger studiemateriaal kan snap, sonder om alleen daardeur te stoei,” meen Vogel. “Talle skoolverlaters oorweeg ook hierdie opsie omdat hulle kan werk terwyl hulle studeer, om beide ervaring op te doen en ʼn inkomste te kan verdien.”

Die program van die sentrumopedag is saamgestel om te demonstreer hoe ʼn interaktiewe kontaksessie deur middel van gevorderde tegnologie aangebied word. ʼn Dosent sal vanuit die ateljee in Centurion regstreeks na die studiesentrums in Bloemfontein en Die Moot in Pretoria uitsaai. Voornemende studente sal die geleentheid kry om dosente en studente by programstalletjies te ontmoet en hulle vrae te vra.

Voornemende studente kan in 2021 die volgende kwalifikasies by die studiesentrums in Bloemfontein en Die Moot studeer:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Fakulteit Geesteswetenskappe

Fakulteit Opvoedkunde

Fakulteit Regsgeleerdheid

Voornemende studente word uitgenooi om een van twee formele demonstrasiesessies by te woon. Daar is slegs 100 sitplekke per sessie beskikbaar. Besprekings vir hierdie sessies word op Akademia se webblad voltooi. Bespreek jou plek vandag nog en kom maak kennis met jou toekoms!

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.