Kom kies jou gunsteling uit die Kansa-teetafels

(Foto: Sixteen Miles Out/Unsplash)

Tafels is met fyn porselein gedek, daar is gesmul aan die heerlikste happies en dit was omtrent ʼn geklets by die jaarlikse Kansa-Spar-tee van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa).

Die geleentheid het vanjaar weer tuis of by plekke soos koffiewinkels en ander venues plaasgevind en die gasvroue en hulle gaste van reg oor Suid-Afrika het aanlyn bymekaar gekom te midde van die Covid-19-pandemie.

Kansa het honderde virtuele inskrywings ontvang vanuit die vier streke wat die Paarl, Pretoria, Bloemfontein en Durban insluit. Soos elke jaar vantevore is die tafels versier met glans, kleur, kreatiwiteit en besonderse aandag aan detail en natuurlik wonderlike samesyn vir ʼn groter doel. Vanjaar se hooftema was “Leef, lag en liefde”.

“Ten spyte van die pandemie bly die jaarlikse tee een van ons organisasie se hoogtepunte. Spar, die hoofborg van die geleentheid, maak seker almal voel spesiaal waar ookal hulle tee aangebied word,” het Maria Scholtz, hoof van volhoubaarheid by Kansa, gesê.

Elkeen wat aan dié jaarlikse tee deelneem, gee ʼn geskenk van hoop aangesien hulle help om Kansa se waardevolle dienste aan hulle pasiënte aan die gang te hou.

Five Roses-tee was weereens die amptelike tee-vennoot vir die geleentheid en ‘n beperkte uitgawe, 2021 Cuppa For CANSA-beker is ontwerp deur Jenna Clifford, spesiaal vir Kansa se 90ste bestaansjaar. Bekers kan by Kansa se Sorgsentrums reg oor Suid-Afrika gekoop word en kos R129. Spesiaal ontwerpte hoofbedekking is ook beskikbaar by Kansa Sorgsentrums of by Kansa se aanlyn winkel.

Die organisasie het vanjaar ook vir die eerste keer vir Maroela Media as die amptelike mediavennoot van die tee verwelkom.

“Kansa is daartoe verbind om mense, wat deur kanker in die gesig gestaar word, te skakel met inligting, daaglikse hulp sowel as emosionele ondersteuning waar hulle woon,” voeg Scholtz by.

Geld wat ingesamel word deur die ondersteuning van veldtogte soos Cuppa For CANSA, verseker dat Kansa kan voortgaan om diens en holistiese sorg en ondersteuning aan diegene wat deur kanker geraak word, te bied.

Scholtz sluit af: “Ons doel is om te verseker dat kankeroorlewendes en hul geliefdes nie kanker alleen hoef te trotseer nie; ons is hier om hulle te ondersteun deur elke stap van hul kankerreis wat gewen kán word.”

Maroela Media se lesers kan vanjaar help om die wenners uit die agt kategorieë van die Kansa-Spar-tee te kies en daar is heerlike pryse op die spel.

Wat kan gewen word?

  • Maroela-lesers se gunstelingtafel uit elke kategorie wen elkeen ʼn geskenkbewys van Spar.
  • Die algehele nasionale wenner vir die mooiste tafel ontvang ʼn egte leer handsak of leerboeksak van Maroela Media ter waarde van R1 500.
  • Een gelukkige leser wat vir sy of haar gunstelingtafel stem wen ʼn Blikkantien-koffiestel van Maroela Media ter waarde van R400.
  1. Kansa wennertafels


  1. Blomme-tafels


  1. Etiket-tafel


  1. Tema-tafel


  1. Passie vir onthaal-tafels


  1. Kreatief met Spar-tafels


  1. Klein geskenkie-tafels


  1. Manstafels


Hier is die wenners:

  1. Kansa wennertafels                       Hanlie Janse van Rensburg
  2. Blomme-tafels                               Judith Reed
  3. Etiket-tafels                                      Suretha Burger
  4. Tema-tafels                                      Chriszanne Potgieter
  5. Passie vir onthaal-tafels               Elana van Breda
  6. Kreatief met Spar-tafels               Juanita Mclellan
  7. Klein geskenkie-tafels                   Susan van Zyl
  8. Manstafels                                        Johannes Prinsloo

Elana van Breda se tafel is die algehele wenner en het die meeste stemme vir haar tafel ontvang, terwyl Charmaine Knoetze van Centurion ‘n Blikkantien-koffiestel van Maroela Media ontvang net omdat sy gestem het. Baie geluk aan al die wenners!

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 14 November om 23:45.
  • Die tafels wat as kategoriewenners aangewys word, wen elkeen ‘n geskenkbewys van Spar.
  • Die tafel wat as algehele wenner aangewys word se prys is ‘n egte leer handsak of boeksak van Maroela Media ter waarde van R1 500.
  • Een deelnemer aan die stemproses sal as wenner aangewys word deur sy naam lukraak uit die inskrywings te trek. Hierdie wenner se prys is ʼn Blikkantien-koffiestel van Maroela Media ter waarde van R400.
  • Die wenners van die kompetisie sal binne drie dae ná die sluitingsdatum van die kompetisie op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Maroela Media sal telefonies met die wenners in gesprek tree.
  • Slegs deelnemers wat in Suid-Afrika bly sal in aanmerking kom vir die pryse.
  • Die pryse kan nie verruil word vir kontant nie.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar oud wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sanja ·

Ag moeilik om te kies, almal is besonders… Sterkte aan al die deelnemers.
My man is mal oor die Boeretroos prys wat lesers dalk kan wen….ons hou duime.!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.