Kom krap in ons Koöperasie-afslagmandjie!

Argieffoto (Foto: Olya Adamovich/Pixabay)

In ʼn tyd waar meeste van ons sente moet omdraai, die gordel stywer moet trek en soms die spaarvarkie moet oopbreek, is dit mos altyd lekker om te hoor as daar iewers ʼn winskopie beskikbaar is.

Kom loer gerus in by ons Koöperasie en grawe rond in ons nuwe afslagmandjie! In dié mandjie bied ons vir jou byvoorbeeld T-hemde teen groot afslagpryse aan. Dié hemde is die laaste van die reeks en jy sal dus nie weer dié produkte van Maroela iewers anders kan kry nie. Maar ons het ook Boereplaas-bordspeletjies (en ʼn uitbreidingstel as julle die speletjie nog meer opwindend wil maak) en die mooiste stel glasbekers.

Nóú is jou kans om vir ʼn appel en ʼn ei iets mooi en lekker te koop – boonop in Afrikaans!

En terwyl jy so lekker in die digitale gange rondsnuffel, loer gerus ook na ons nuwe produkte – van alles wat jy nodig het om ʼn melktertmeester te word, radiostories vir die langpad, Maroela se eie liedjie en velskoene waarmee jy diep spore kan trap.

En die beste van alles? Deur-tot-deur aflewering is nou slegs R60 per pakkie!

Waarvoor wag jy?

“Bekers wat rym” in Die Koöperasie

Boereplaas-bordspeletjie in Die Koöperasie

Baardmeter-T-hemp in Die Koöperasie

Fliekvlooi-T-hemp in Die Koöperasie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.