Kom ry saam na Namakwaland

Namakwaland piekniek

Maroela Media se Storiebustoer in 2019 (Foto: Maroela Media)

Het jy al ooit gedroom om saam met ʼn groot groep vriende in ʼn veld vol blomme piekniek te hou?

Kom kuier dan saam met Maroela Media in Namakwaland! Vanaf 9 tot 13 September 2020 toer ons met ʼn luukse bus deur die blomryke vlaktes van Namakwaland.

Ons gaan bedags die natuurskoon van hoek tot kant bestudeer, blomme kyk en ook die kultuur van die gewilde Namakwalanders beleef. Saans maak ons gebruik van die geleentheid om saam met die inwoners van Namakwaland te kuier. Ons maak boeremusiek, gesels met skrywers en storievertellers en geniet saam ʼn glasie wyn in die sitkamer van Namakwa-lodge.

Diegene wat 2019 saam met ons gery het, kan nie uitgepraat raak oor die lekker tye wat ons saam beleef het nie. Ons wil jou graag nooi om die jaar saam met ons en ander lesers die vlaktes in te vaar op ons tweede storiebustoer!

Johny Klein.jpg

Johny Klein (foto verskaf)

Op hierdie storiebus gaan jy saam met Maroela Media, bobaasstorieverteller Johny Klein en ander kan kuier en ons gaan seker maak jy beleef ʼn vakansie wat jy nooit sal vergeet nie. Hier in Namakwaland is die kuns van storievertel nog lank nie vergete nie, die kultuur van sitkamerkuiers nog aan die brand en eet soos ʼn koning aan die orde van die dag.

Ons nooi jou saam: Maroela Media se Storiebustoer deur Namakwaland vind plaas vanaf 9 tot 13 September 2020. Pryse vir die toer begin vanaf slegs R10 000 pp wat deel. Vul die onderstaande vorm in vir meer inligting, besprekings en die toerprogram.

Ons kan nie wag om saam met jou te reis nie! Onthou daar is slegs ʼn beperkte hoeveelheid sitplekke op die bus.

Oops! We could not locate your form.

Hoor ook wat ander 2019-toerlede van die belewenis te sê gehad het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.