Kom studeer in 2018 by Akademia

akademia-gradeplegtigheid-2017-04-07

Van die studente wat in April 2017 van Akadmia se eerste grade ontvang het. Foto: Jhua-nine Wyrley-Brich/Forumnuus.

Voornemende studente wat in 2018 by Akademia wil studeer, het nou tot 19 Januarie 2018 kans om vir ʼn volwaardige graad, hoër sertifikaat of diploma te registreer, sowel as aansoek om rentevrye studielenings te doen.

Daar word ook op 13 Januarie 2018 ʼn opedag gehou, sodat voornemende studente landwyd meer inligting oor ons kursusse kan bekom en daar en dan aansoek kan doen om studies in 2018.

Akademia bied ʼn unieke hoëtegnologie-onderrigmodel aan waardeur bekostigbare, Afrikaanse onderrig van gehalte regstreeks en interaktief plaasvind. Boonop kan studente tegelyk werk en studeer, en sodoende terselfdertyd inkomste en werkervaring opdoen terwyl hulle studeer.

Verskeie volledig geakkrediteerde kwalifikasies word aangebied. Vir 2018 kan studente om die volgende kwalifikasies aansoek doen:

Voornemende studente het ook nog die geleentheid om deur die Helpende Hand Studiefondssentrum om rentevrye studielenings (wat eers terugbetaalbaar is wanneer die student klaar gestudeer het) aansoek te doen. Hierdie video wys jou hoe om aanlyn om ʼn studielening aansoek te doen.

Akademia brei in 2018 na die Oos-Kaap en Namibië uit, wanneer studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek hul deure vir studente oopgooi. Dít bring Akademia se voetspoor op 13 aktiewe studiesentrums te staan, met sentrums in Bloemfontein, Boksburg, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl, Pretoria (Moot en Lynnwood), Somerset-Wes, Tygervallei en Vanderbijlpark. Elkeen van hierdie sentrums is met moderne videokonferensie-tegnologie toegerus en gratis breëband-internettoegang is by alle sentrums beskikbaar, waarmee studente toegang tot Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel kry.

Op 13 Januarie 2018 hou Akademia ʼn opedag by die studiesentrums in Bloemfontein, Vanderbijlpark, Somerset-Wes, Paarl, George, Boksburg en Centurion. Studente wat sukkel om aanlyn aansoek te doen, kan hul gesertifiseerde dokumentasie na die opedag saambring, waar hulle gehelp sal word om die aanlyn aansoekvorm in te vul. Klik hier vir meer inligting oor registrasie of kyk na dié video, wat wys hoe maklik mense om studies by Akademia aansoek kan doen.

Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte-onderrig in Afrikaans bied. Stuur jou loopbaan in die regte rigting deur vir een van ons grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate in te skryf.

  • Vir navrae, bel Akademia by 0861 222 888, stuur ʼn e-pos na [email protected]of SMS ons by 34933 (R2 per SMS).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Hoe lank voordat Geoktroieerde rekenmeesters, ingenieurs, prokureurs en dokters in Afrikaans hul opleiding hier kan kry?
Ons smag na n eie universiteit wat profesionele mense oor die hele spektrum oplei en wat internasionaal, hoog aangeslaan sal word, hoër as enige plaaslike universiteit.
Watter heuglike dag sal dit nie wees om nogmaals ons eie te bou tot vèr bo die norm in die hoop sand.

Verlangende ma ·

Ai toggie, ons sit in Stellenbosch maar my kind moet Potch toe vir sy BCom graad. Nie plek gekry op Stellenbosch nie! Al die onnodige kostes wat ons moet aangaan. Wens ook Akademia het al die kursusse al aangebied.

susan ·

Elke nuwe plan begin maar eers kruip dan stap en hierna kan dit ‘n volwaardige universiteit word. Sal dit nie wonderlik wees nie.

carl ·

Baie trots op julle. Dit is die toekoms vir ons. My kinders is die vierde geslag op Stellenbosch maar ek dink nie daar sal n vyfde geslag daar studeer nie. Weer die anderdag na n toespraak van Wim de Villiers sit en luister tydens (US) se Konvokasiejaarvergadering en ek glo dat Afrikaans uitgerangeer sal word by die US. Ons kultuur en taal is in groot gevaar en n eie universiteit, sonder die kloue van die regering en sy ver linkse liberale aanhangers, is die regte pad. Baie sterkte vir Akademia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.